Leesplan inligting

Rigtingwysers vir die LeweVoorbeeld

Reminders for Life

DAG 6 VAN 6

Die Krag van God se Tydsberekening  



Soms plaas God ons op plekke en in posisies wat ons net nie verstaan ​​nie. Miskien is jy al vir 'n geruime tyd enkellopend en jy weet nie hoekom nie. Miskien het jy van êrens onverwags 'n werk of toelating tot universiteit gekry. Miskien het jy gehoor God sê vir jou jy moet bly nadat jy al jou tasse gepak het. Miskien het God jou na 'n wildernis gestuur waarvoor jy nie gereed of toegerus voel nie. 



In watter situasie of tyd in jou lewe jy ook al is, jy mag dalk wonder waarom God jou daar het. 



Weet jy wat Mordegai vir jou sou sê? Dit is "met die oog op 'n tyd soos hierdie" (Ester 4:14).  



Mordegai is die familielid en voog van Ester, wat jy dalk ken as die koningin wat haar volk gered het. 



In Ester 3 word 'n bevel uitgevaardig wat die uitwissing van die Jode beplan. In die volgende hoofstuk is Mordegai verskeurd en in rou, maar hy stuur 'n boodskap aan Ester en vra dat sy by die koning gaan pleit. 



Ester was skepties omdat jy net voor die koning kon gaan as jy genooi is. Mordegai het hierop geantwoord: “Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!" (Ester 4:14b). 



God is nie 'n God van toeval nie, en soos ons in Prediker 3 leer, is daar 'n tyd vir alles. God se tydsberekening is perfek. 



Miskien het jy dalk daardie werk, sukkel jy met jou gesondheid, of is jy in hierdie ongemaklike posisie omdat jy die oplossing vir iemand ánders se probleem is. Soms raak ons ​​so vasgevang in die besonderhede, ons eie planne vir ons lewens, of die “as dit maar net” en “wat kon gewees het”, wanneer ons gefokus moet wees op hoe God die eer kan kry uit die tyd waarin ons leef. 



Op watter terrein van jou lewe moet jy God se tydsberekening vertrou? 



Bid: God, dankie dat U saam met my en voor my stap. Ek weet U het 'n plan vir my lewe en vir ___. Gee my asseblief 'n gees van geduld. Ek vertrou U, God. In die Naam van Jesus, amen.  



Kry nog soortgelyke inhoud vir jong volwassenes. 


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Reminders for Life

Watter raad het 'n paar minder bekende Bybelse figure om aan Millenniërs en/of dié van Generasie Z, te gee? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan.

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid