Leesplan inligting

Rigtingwysers vir die LeweVoorbeeld

Reminders for Life

DAG 5 VAN 6

Die Krag om te Laat Vaar



Soms is dit moeilik om dinge te laat vaar. Of dit nou 'n verhouding, 'n sentimentele aandenking of 'n stokperdjie is, ons sukkel om dit te laat vaar — al weet ons dit is nie vir ons goed nie, of ons voel God wil hê dat ons dit moet laat vaar. 



Wat sou Akan, 'n Israeliet in die tyd van Josua, jou vertel het? Gee dit vir God; dit is nie die moeite werd nie. 



God het vir die Israeliete die land gegee wat Hy hulle belowe het. Onder Josua se leiding kry die Israeliete oorwinning na oorwinning soos hulle van stad tot stad gaan. 



Weet jy wat gebeur het toe God hulle in Josua 7 in 'n geveg teen Ai stuur? Die Israeliete het uiteindelik uit vrees gevlug — alles vanweë die ongehoorsaamheid van Akan. 



God het baie spesifieke instruksies aan die Israeliete gegee. Hy het aan hulle gesê dat sommige dinge nie uit die stede wat hulle verslaan, geneem moet word nie. Dis omdat sommige gewyde dinge vir God bedoel was. Akan het blykbaar hiervan vir homself geneem. 



Toe hy uitgevang is, het hy gesê: “ … ek wou dit baie graag hê en ek het dit gevat. Dit is in die grond in my tent begrawe. Die silwer is heel onder"(Josua 7:21). 



Wat skuil in jou hart? 



Wat jy in jou hart toelaat, is belangriker as wat jy besef. Die Skrif sê vir ons om ons hart te bewaar, om die woord in ons hart te bêre en God op die troon van ons hart te laat sit. Ons is ook van nature selektief oor wie ons onsself toelaat om lief te hê en in te laat. Wat gebeur egter as ons afgode en dinge wat nie van God is nie, toelaat om ons harte te regeer? 



God het vir Josua gesê: "Julle kan nie teen julle vyande staande bly as julle nie die gewyde goed tussen julle verwyder nie" (Josua 7:13b).



Wat moet jy uit jou lewe verwyder om te kan doen en bereik waarvoor God jou geroep het? 



Miskien moet jy trots, afguns of wellus laat vaar. Dit mag dalk nie eens sonde wees nie. Miskien moet jy jou sosiale media, jou PlayStation of Xbox of jou eie planne laat vaar. Wat jy ook al moet laat vaar, is nie die moeite werd om aan vas te hou as dit jou terughou nie. 



Wat moet jy laat vaar? 



Bid: God, ek hou al 'n geruime tyd vas aan ____. Ek het dit in my hart begrawe, maar ek wil dit opgrawe en laat vaar. Ek weet dat U 'n plan en 'n doel vir my het, en soos Paulus gesê het, wil ek die las afgooi en die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop. Dankie vir u genade en goedertierenheid. In die Naam van Jesus, amen.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Reminders for Life

Watter raad het 'n paar minder bekende Bybelse figure om aan Millenniërs en/of dié van Generasie Z, te gee? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan.

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid