Leesplan inligting

Rigtingwysers vir die LeweVoorbeeld

Reminders for Life

DAG 4 VAN 6

Die Krag van 'n Behulpsame Gemeenskap 



Dis moeilik om aan al die eise van die lewe te voldoen. Daar is heelwat nuwe uitdagings wat met volwassewording gepaardgaan. Jy moet balans handhaaf tussen jou werk en jou lewe. Jy moet 'n goeie vriend en gesinslid wees. Jy moet jouself fisiek en geestelik versorg. En nog baie meer. Ons het al hierdie verantwoordelikhede, en soms is dit moeilik om alles te hanteer. 



Wat sou Moses se skoonvader, Jetro, vir jou sê? Jy kan nie alles alleen doen nie. 



Nadat Moses as regter vir die Israeliete begin optree het, het Jetro hom eenkant toe geneem en vir hom gesê dat hy 'n paar veranderinge moes aanbring. Hy moes hulp kry van bekwame, betroubare en godvresende manne. Jetro het gesê dat dit die manier sou wees waarop Moses "die werkslas sou kon hanteer" (Eksodus 18:23). 



Net so moet jy hulp vra en op jou gemeenskap steun. Jy kan nie op eie stoom aangaan nie. Net soos Moses sal jy kan voortgaan en minder gespanne wees as jy leer om op ander staat te maak. 



God het ons nie geskape om alleen te leef of te oorleef nie. Trouens, die eerste ding wat God gesê het, was dat dit nie goed is dat die mens alleen is nie (Genesis 2:18). Ons het ons gemeenskap en hulp nodig. Dit is ook geen skande om hulp te vra nie. 



Of jy hulp van God, 'n vriend, gesinslid, berader, kerklid of pastoor nodig het, vra daarvoor. 



Moses het Jetro se raad gevolg en daarna voortgegaan om die tien gebooie neer te skryf, na God te luister en die Israeliete te lei. Stel jou voor hoeveel meer jy kan aanpak en hoe jy regtig jou doel kan bereik as jy ophou om alles op jou eie te probeer doen. 



Wat behoort jy nie langer alleen te dra nie? 



Bid: Dankie, God, vir wyse raad en vir 'n gemeenskap. Terwyl ek beheer en sommige take, spesifiek van ____, oorgee, vra ek net dat U my vrede sal gee. Ek wil miskien "al die dinge" doen, maar ek kan nie alles alleen en op eie stoom doen nie. Dankie vir die gemeenskap en mense wat my lief genoeg het om 'n helpende hand te verleen. In die Naam van Jesus, amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Reminders for Life

Watter raad het 'n paar minder bekende Bybelse figure om aan Millenniërs en/of dié van Generasie Z, te gee? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan.

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid