Leesplan inligting

Moenie Moed Verloor nie Deur Jason MeyerVoorbeeld

Don't Lose Heart By Jason Meyer

DAG 1 VAN 7

Waarom Moedeloosheid 'n Leuenaar is


Ons verloor moed wanneer ons halwe waarhede glo omdat hulle ons daaraan herinner dat daar werklike redes is om moedeloos te word. Daardie ontstellende feite voel onvermybaar wanneer hulle op hul eie staan, en dan is dit maklik om oorweldig te word deur moedeloosheid omdat die redes werklik is.



Ek het slegte nuus en goeie nuus om te deel. Die slegte nuus is dat ons gevalle wêreld vol baie redes is om moed te verloor, en dit is maklik om te sien. Dit verg geen spesiale vaardigheid om die redes in ons alledaagse lewens te herken nie. Dit verg nie geloof om mismoedig te raak nie. 



Daar is ook goeie nuus: Die redes om moed te skep, is groter as die redes om moed te verloor! Met ander woorde, ons kan moedeloosheid verslaan omdat dit net 'n halwe waarheid is. Aanmoediging kom nie uit wensdenkery nie, maar om die totaliteit van die waarheid te sien en aan te gryp wat werklik waar is.



In 2 Konings 6 vind ons die profeet Elisa en sy dienaar omring deur die Siriese leër. Die wanbalans van die situasie lyk amper komies. Wat was twee mense teen 'n hele leër? Elisa se kneg raak wanhopig, en daarom sê Elisa vir sy neerslagtige kneg om weer na hulle omstandighede te kyk. Hy moes met die volle waarheid gekonfronteer word sodat hy nie deur die halwe waarheid ontmoedig sou word nie. Elisa het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” Elisa het gebid en gesê: "Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien.” Die Here het die oë van die kneg oopgemaak, en hy het gesien: die berge rondom Elisa was vol perde en strydwaens van vuur (2 Konings 6:16-17). 



Die Bybel praat dikwels van moedeloosheid. Dit gee nie voor dat die probleme nie daar is nie; dit verklaar eenvoudig dat daar meer is om te sien. Die Christelike lewe is 'n stryd om sig. As ons net sien wat teen ons is, sal die grendels van moedeloosheid ons tot 'n tronksel van wanhoop beperk. Wanneer ons sien dat die Een wat vír ons is, groter is as alles wat téén ons is, val ons kettings af en ons harte is vry om weer te hoop. Hoop wat verbeur is, word wanhoop. Om die groter prentjie te sien, is die grondslag tot herstelde hoop. 






Wat veroorsaak moedeloosheid in jou lewe? Sê vir God dat jy bereid is om die groter prentjie van jou lewe te sien en vra Hom om jou te herstel na 'n plek van hoop. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Don't Lose Heart By Jason Meyer

Die redes vir moedeloosheid is sterk, maar die redes om moed te skep en aan hoop vas te hou, is nog sterker. Ons moet die groter prentjie sien. Deur Bybelse waarheid en persoonlike verhale moedig die skrywer, pastoor en ...

More

Baie dankie aan Baker Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/don-t-lose-heart-gospel-encouragement-for-the-weary-soul-9780801094422

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid