Leesplan inligting

Gestremdheid in die Bybel: Lewenslesse vir ons almalVoorbeeld

Disability in the Bible: Life Lessons for Us All

DAG 4 VAN 6

Die Vrou Wat God Geloof Het



Mense in die wêreld van gestremdheid is bekend met aspekte soos mylpale en doelwitstelling. Terapeute, beraders en onderwysers het baie kontrolepunte en doelwitte wat bereik moet word of die volgende stappe wat geneem moet word. Meeste mense hou van die gevoel om 'n nuwe vaardigheid te ontwikkel!



Wanneer jy 'n doelwit bereik het, wat is die eerste ding wat jy direk daarna doen? 



Jy mag dalk …



Iets op sosiale media plaas. 



'n Boodskap vir jou familie of beste vriende stuur.



'n Roomys gaan eet of gaan uiteet.  



Daar is niks verkeerd met enige van bogenoemde nie, maar die vrou in vandag se leesstuk uit Lukas 13, leer ons dat die eerste ding wat ons behoort te doen is …. 



om God te loof. 



Hierdie vrou was al 18 jaar lank krom getrek van 'n gebrek en kon nie regop staan nie. Toe Jesus haar genees, het sy "onmiddellik regop gestaan en God begin prys" (Luk 13:13). 



In die Nuwe Lewende Vertaling word dit meer poëties beskryf. Dit vertel dat Jesus haar die hande opgelê het, en maak dan die opmerking: "Hoe het sy God nie geloof en gedank nie!" 



Hoe het sy God geloof! Sou jy nie ook graag onthou wil word vir die manier waarop jy die Here loof nie? Vir jou hart en die postuur van jou lofprysing nie? 



Wat sy gedoen het nadat sy God geloof het, word nie geskryf nie. Sy het moontlik haar familie, vriende en enigeen wat wou luister, gaan vertel.Maar heel eerste, het sy Jesus geprys. En hoe het sy Hom nie geloof en geprys nie!



Jy kan dit dalk op jou doelwitlysie plaas dat, sodra jy iets bereik het, jy God daarvoor moet dank. Moontlik kan jy sê dat jy eers moet bid en God moet dank alvorens jy 'n ander beloning opeis. Jy mag selfs 'n feestelike dans op die maat van 'n geestelike liedjie uitvoer. 



Wat jy ook al doen, onthou net om God te dank. Dit is maklik om na God uit te roep vir hulp in oomblikke van pyn en wroeging; dit is egter nie altyd so maklik om te onthou om na Hom uit te roep in dank en lofprysing nie. Tog is beide so belangrik. 



Oordink: Hoe kan jy 'n stelsel skep wat jou kan help onthou om God te loof en te dank die volgende keer wanneer jy 'n mylpaal of doelwit bereik? Hoe kan jy begin om lofprysing en dank aan God deel van jou alledaagse situasies te maak? 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Disability in the Bible: Life Lessons for Us All

Die Bybel is vol van navolgenswaardige mense, sommige ook gestremd. Verteenwoordiging is belangrik en die Here verstaan dit! Indien jy of iemand vir wie jy lief is met 'n gestremdheid of verskil saam leef, mag hierdie By...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid