Leesplan inligting

Gestremdheid in die Bybel: Lewenslesse vir ons almalVoorbeeld

Disability in the Bible: Life Lessons for Us All

DAG 1 VAN 6

Ons Almal Het Helde Nodig



Professor X. 



Dr. Strange. 



Daredevil. 



Dr. Mid-Nite. 



Jericho. 



Wat het hulle almal in gemeen?



Die strokiesboek-lesers en aksie-film liefhebbers sal seker hierdie antwoord ken! Maar, in geval dit nie jou belangstelling is nie—hulle is almal superhelde. Wat meer is, hulle is almal op een of ander manier gestremd. 



Professor X is in 'n rolstoel as gevolg van 'n rugbesering. Dr Strange het onomkeerbare senuweeskade in sy hande. Daredevil, sowel Dr Mide-Nite, is blind. Jericho is stom en gebruik Amerikaanse gebaretaal om te kommunikeer. Is dit nie wonderlik dat die skrywers wie hierdie karakters geskep het gekies het om mense met verskille in hul kragtige verhale te benut nie? Insluiting soos dié is belangrik. Dit help mense om hulself te beskou as deel van hul gemeenskappe, as deel van wat van waarde geag word.



Kom ons kyk na 'n paar ander mense. 



Moses. 



Bartimeus. 



Mefiboset. 



Die Vrou Wie Nie Regop Kon Sstaan Nie (in Lukas). 



Die Blinde Man (in Markus). 



Wat het hulle almal in gemeen? 



Hulle is almal karakters uit die Bybel. Net soos sommige van ons gunsteling helde uit rolprente en strokiesboeke, is hulel almal mense wie met een of ander gestremdheid saam leef. Dit lyk asof insluiting ook baie belangrik is vir die Here! 



Weet jy wat 'n regte skande sou wees? Indien jy jou lewe spandeer sonder om te besef dat God nie ongestremde mense benodig om Homself op kragtige maniere te onthul nie. Dit sou werklik 'n skande wees indien jy jou Christelike pad stap met die idee dat God se prestasies in die Bybel juis is as gevolg van die feit dat Hy "magtige" persone gebruik het om deur te werk en nooit te sien dat die opregte, brose, en ja - soms erg gestremde mense - deur God gekies word om deur te werk nie. 



As't ware, indien jy tyd spandeer om God se Woord te lees, sal jy vind dat die onderliggende boodskap eintlik is dat ons almal as erg gestremd voorkom in vergelyking met God se mag. Almal het God en sy krag nodig. Almal het die grootste held van alle tye—Jesus—ewe nodig. 



God benodig niemand om sterk of slim te wees om sy werk te doen nie. Hy wil net dat almal leef en liefhê soos Jesus. Soos wat jy deur hierdie Bybelleesplan gaan, kyk of jy 'n les kan vind vir jouself of iemand vir jy lief is, uit die lewens van hierdie paar Bybelse helde, wie met verskille of gestremdhede saam geleef het. 



Gebed: Here, dankie dat U almal insluit in u verhaal. Soos ek deur hierdie Bybelleesplan gaan, help my om op te hou fokus op wat mense mag beskou as minderwaardig. Help my om myself en ander te beskou met dieselfde liefde en onontbeerlike waarde wat U in elke persoon sien wie U geskape het. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Disability in the Bible: Life Lessons for Us All

Die Bybel is vol van navolgenswaardige mense, sommige ook gestremd. Verteenwoordiging is belangrik en die Here verstaan dit! Indien jy of iemand vir wie jy lief is met 'n gestremdheid of verskil saam leef, mag hierdie By...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid