Leesplan inligting

Gestremdheid in die Bybel: Lewenslesse vir ons almalVoorbeeld

Disability in the Bible: Life Lessons for Us All

DAG 3 VAN 6

Mefiboset en Insluiting


Ek is … 


Uitgesluit. 


Anders. 


Ongenooid. 


Alleen. 



Jesus was en is nog altyd ernstig oor insluiting. Wanneer ons kyk na die Skrif, God se Woord, is die impuls vir en aanmoediging tot insluiting baie duidelik. 



Dit is egter nie hoe ons altyd voel nie. Jy voel moontlik uitgesluit by die skool of werk. Jy voel geïsoleerd van die kerk. Jy voel soos 'n uitgeworpene en asof daar nie plek is vir jou nie. 



Die Bybel gebruik 'n man genaamd Mefiboset, wie as gevolg van 'n gestremdheid na 'n ongeluk in sy kinderjare, nie kon loop nie, as voorbeeld vir die noodsaaklikheid van insluiting en die belangrikheid van liefde in God se koninkryk. 



Ten einde Mefiboset se storie te verstaan, moet ons begin by Dawid - wie jul sal ken as skaapwagter, musikant of oorwinnaar oor die reus Goliat. Hy was gesalf as die koning van Israel, maar dit het hom 'n lang tyd geneem om uiteindelik in die paleis te land. As't ware sou Dawid nooit eers oorleef het as dit nie was vir sy beste vriend, Jonatan, wie sy lewe gered het nie. 



Nadat hy uiteindelik koning geword het, het Dawid navraag gedoen of daar iemand van Jonatan se familie oorleef het aan wie hy sy liefde kon bewys. 'n Slaaf vertel toe vir Dawid dat Jonatan een oorlewende seun het, Mefiboset, maar wie se voete beide gebreklik was as gevolg van 'n besering in sy kinderjare. Dawid het die feit dat Mefiboset 'n gebrek gehad nie as van belang geag nie. Hy het gekies om sy vriend se seun (en sy nasate) te eer deur hul toe te laat om gereeld aan die koning se tafel te eet.



Liefde het Dawid blind gemaak vir die feit dat dit nie gebruiklik was vir 'n koning om saam 'n gestremde persoon te eet nie en hy het sy beste vriend se kind mildelik geëer. Liefde (deur Jesus) maak God ook blind vir ons tekortkominge en onvolmaakthede. Jesus se volgelinge word beveel om dieselfde te doen. 



Insluiting in sy kern is eenvoudig om uit te reik en liefde te bewys aan almal. Dit is om seker te maak dat daar meer ruimte vir selfs meer mense is, aan watter tafel jy ook al eet. 



Miskien is jy die een wie uitgesluit word. Miskien is jy die een wie oplet dat uitsluiting plaasvind. Onthou jy vir Bartimeus? Neem 'n bladsy uit sy boek, verhef jou stem. Maak mense bewus van die aangeleentheid en maak voorspraak dat meer plek aan die tafel ingeruim word. 



Dawid wou barmhartigheid aan Mefiboset bewys vir Jonatan se onthalwe (2 Samuel 9:1). Wie bewys barmhartigheid vir Jesus se onthalwe? 



Gaan vind die mense wie blindelings, vreesloos en vrylik lief het. Omdat jy deel is van God se koninkryk en familie, en daar is mense, net soos koning Dawid, wie ruimte aan hul tafel het vir almal. 



Gebed:Vader, dankie dat U plek maak aan u tafel vir almal wie u Seun liefhet. Help my om ook dieselfde te doen. Help my om eerste lief te hê, omdat U eerste lief gehad het - selfs voor iemand U geken het. Help my om met oop oë te leef, sodat ek diegene sal sien wie uitgesluit voel, en help my om u liefde aan hulle te bewys. Dankie Here, dat liefde alle wonde genees - selfs dié wat veroorsaak word deur verwerping en uitsluiting. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Disability in the Bible: Life Lessons for Us All

Die Bybel is vol van navolgenswaardige mense, sommige ook gestremd. Verteenwoordiging is belangrik en die Here verstaan dit! Indien jy of iemand vir wie jy lief is met 'n gestremdheid of verskil saam leef, mag hierdie By...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid