Leesplan inligting

Mams het Vernuwing NodigVoorbeeld

Mama Needs A Do-Over

DAG 6 VAN 7

Oefen


As mamma's het ons soveel klein, onbeduidende verantwoordelikhede wat ons heeldag in verskillende rigtings trek, dat ons kan sukkel om 'n balans te vind tussen wat ons moet doen, en wat ons wil doen. Ons moet die babadoek nagaan, die telefoon antwoord, 'n wiskundigeprobleem oplos, iets wat gestort het opvee en die elektriese rekening betaal, alles op dieselfde oomblik. Ons kies een en dan die volgende, terwyl ons heeltyd vorentoe beur en hoop ons is wys. Minuut na minuut, dag in en dag uit. Skuifel, trap, skuifel.


Ek het in 'n vorige oordenking gepraat oor die probleme wat jy ondervind en die planne wat jy sal moet maak om daarby te kom, maar wanneer die tyd aanbreek om daardie planne te implementeer, is dit een oomblik op 'n slag.


Jy wen nie 'n oorlog in een reuse ontploffing nie. Jy veg 'n klein stryd, wen of verloor, hou aan, berei voor vir die volgende, word beter daarmee, en probeer weer, totdat jy terugkyk na meer oorwinnings as verliese en besef hoe ver jy gekom het.


Hierdie vyf-stap formule sal jou aan die gang kry om daardie irriterende situasies om te keer in iets wat 'n vreugdevolle herinnering sal skep.


1) Haal diep asem

2) Bid en loof

3) Delf deur jou sak toertjies

4) Neem 'n geloofstree

5) Herhaal indien nodig


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Mama Needs A Do-Over

Hou vas mams — daar is vreugde te vind onder al daardie vuil skottelgoed! Hierdie leesplan is 'n moederskap oorlewings-gids deur die gewilde webjoernaal skrywer, Lisa Pennington, uit haar nuwe boek "Mama Needs a Do-Over....

More

Ons wil Lisa Pennington en David C Cook bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asb: www.dccpromo.com/mama_needs_a_do_over/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid