Leesplan inligting

Mams het Vernuwing NodigVoorbeeld

Mama Needs A Do-Over

DAG 3 VAN 7

Die Plan


Dis nie altyd 'n eenvoudige taak om planne te maak om 'n sekere doel te bereik nie. Sommige is makliker as ander ... as jy wil koekies bak, kry jy net die resep. Gaan net af op die lys van bestanddele wat iemand anders saamgestel het, en volg die instruksies. Wanneer dit egter 'n meer persoonlike doelwit is, soos om 'n beproewing te oorkom, moet ons self uitvind hoe om dit te hanteer.


Jy mik dalk hoog vir 'n groot verandering, soos om na 'n nuwe huis te trek of jou hele dieet te verander. (Dieet is so 'n klein woordjie vir iets met so 'n groot invloed — toe ek opgehou het om suiker te eet, het ek gedink ek sal nie deur die dag kom nie. #verslawingissleg). Of jy probeer dalk klein aanpassings maak, soos om 'n beter werk te doen om die kombuis skoon te hou of deur e-posse te beantwoord sonder dat dit jou 'n hele dag neem.


Die proses om enige soort verandering aan te bring, is dieselfde. Skryf dit neer, bid dan, steun op die Skrif en berei voor. Ja, wees ook altyd bereid om jouself te verander. Ek wil nie hê jy moet hierdeur oorweldig word nie! Moenie probeer om 'n heeltemal ander persoon te word nie. Dit sal jou uitbrand en jy sal dit nie so regkry nie. Hoekom nie net een ding op 'n slag aanpak nie? Doen iets kleins om mee te begin, soos om die kombuistoonbank vir twee weke vry van rommel te hou (het ek net 'n hyg gehoor?). Dit is nie maklik nie, maar dit is 'n klein verandering. Dit sal dalk al jou energie verg om jou gesin te leer om nie alles daarop neer te sit — en dit daar te los nie. Ou gewoontes word nie maklik oorkom nie. Beraam jou plan en deel dit met jou gesin. Staan dan daarby. Ek belowe dit is moontlik, en jy sal dalk ontdek dat jy self die probleem is wanneer jy vind dat jy voortgaan om dinge daar neer te sit, in plaas daarvan om dit weg te pak soos jy jou voorgeneem het. Dit is wanneer jy God om hulp vra. Hy gee om vir daardie klein dingetjies, want dit maak plek vir die goeie wat Hy in jou lewe wil uitstort!


Sodra jy 'n nuwe gewoonte aangeleer het, gaan voort na die volgende. Jy sal verbaas wees hoeveel daardie klein veranderinge die groter probleme beïnvloed. Sodra jou kinders die gereelde boodskap kry dat niks op die toonbank mag beland wat nie daar hoort nie, kan hulle dit dalk net in ander areas van die huis begin neersit. Selfs al gebeur dit nie, sal jy rustiger wees net met daardie een oorwinning, en jy sal meer selfvertroue hê vir die volgende verandering wat jy wil maak.


Jy is nie alleen nie. God het volmaakte idees. Hy is die outeur van alle orde en organisasie, en Hy sal jou help.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Mama Needs A Do-Over

Hou vas mams — daar is vreugde te vind onder al daardie vuil skottelgoed! Hierdie leesplan is 'n moederskap oorlewings-gids deur die gewilde webjoernaal skrywer, Lisa Pennington, uit haar nuwe boek "Mama Needs a Do-Over....

More

Ons wil Lisa Pennington en David C Cook bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asb: www.dccpromo.com/mama_needs_a_do_over/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid