Leesplan inligting

Mams het Vernuwing NodigVoorbeeld

Mama Needs A Do-Over

DAG 5 VAN 7

Vreugde


Elke keer wat ons verwagtinge ontspoor, het ons 'n keuse. Om met blydskap vorentoe te beweeg of kwaad te word en 'n bohaai te maak. Ons kan baklei teen dit wat God vir ons uit die veranderinge wil leer, of ons kan oorgee aan vrede wat, om nie 'n afgesaagde uitdrukking te gebruik nie, alle verstand te bowe gaan. Ons kan beheer word deur ons onmiddellike reaksie, of ons kan stilstaan, daaraan dink en dit 'n doel gee.


Wanneer jy so hard probeer om jouself te keer om nie jou kind in die hitte van die oomblik te slaan nie, waar kom jou krag vandaan? Daardie kokende, stomende, oënskynlik onweerstaanbare woede wat wil ontplof en ons dan die kind daarvoor blameer … dit is die teenoorgestelde van vreugde!


Ons kan deur ons optrede die kleinste gebeure in die wiele ry. 'n Kind wat nie wil saamwerk nie of 'n stadige tou by die bank kan ons in 'n slegte voorbeeld verander van hoe om dit te hanteer wanneer ons nie ons sin kry nie.


Op 'n stadium sal jy moet aanvaar dat jy self kies hoe jy in die stryd gaan reageer. Dit gaan daaroor om vreugde te kies wanneer dinge moeilik raak — wanneer jou kind geboelie word of jou bankrekening leeg is of jou man jou kinders per ongeluk uit die huis gesluit het. Dit is nie 'n maklike vooruitsig nie. God belowe egter dat dit moontlik is. Lees weer Jakobus 1:2-4, en deurdrenk jou denke daarmee.


My vriende, die vreugde van die Gees is joune om voor te vra! Gryp dit! Omhels dit! Hou daaraan vas met dieselfde passie as wat jy vir jou drome gehad het toe jy 'n jong meisie was. Daar is meer vervulling in daardie soort geskenk as enigiets wat jy ooit gedink het!


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Mama Needs A Do-Over

Hou vas mams — daar is vreugde te vind onder al daardie vuil skottelgoed! Hierdie leesplan is 'n moederskap oorlewings-gids deur die gewilde webjoernaal skrywer, Lisa Pennington, uit haar nuwe boek "Mama Needs a Do-Over....

More

Ons wil Lisa Pennington en David C Cook bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asb: www.dccpromo.com/mama_needs_a_do_over/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid