Leesplan inligting

Koeke en terteVoorbeeld

Koeke en terte

DAG 1 VAN 7

Degies


Ek en my half-dogtertjie Ena bak graag saam. Die deeg wat ons aanmaak vir ons verskillende eetgoed soos pannekoeke, vetkoeke, cupcakes, koeksisters, skons, beskuit, soetkoekies, groot koeke, brode, terte, tertkorse en gebakte poedings lyk nogal baie dieselfde, het ek op ’n dag agtergekom. Die meeste bevat ook dieselfde basiese bestanddele soos meel, suiker, eiers, melk, sout en geursel, maar in verskillende verhoudings tot mekaar.


Eers wanneer die produk klaar gebak het en uit die oond of pan kan kom, kan jy dit identifiseer en ’n naam daarby sit. As jy net na die mengbak met die slap (of stywe) en vormlose deeg kyk, is dit moeilik om vas te stel wat die eindproduk sal wees.


Dit is hoekom jong skooldogters dikwels degies genoem word. Hulle het nog nie liggaamlik, emosioneel, intellektueel en geestelik klaar gegroei nie. Hulle is nog nie volwasse nie. Nog nie klaar gebak nie. Hulle persoonlikheid, karakter, gawes, kennis van hulle sterkpunte en swakhede, en dikwels ook hulle geloofspad, het nog nie werklik gestalte gekry nie. 


Degies het hulleself nog nie werklik ontdek nie. Hulle is nog op soek na hulle ware identiteit en nog nie seker wie of wat hulle is nie, veral nie in verhouding tot die Pottebakker se Groot Plan met hulle lewe nie.


Hulle is nog vormlose deeg op soek na iets om hulle te omlyn en te vorm . . . of te laat verdwyn. 


’n Degie op soek na haar identiteit en doel kan in enige rigting beweeg. Sy kan iemand word wat ander inspireer. Of sy kan ’n afbrekende pad kies. Sy kan ook ’n ongedefinieerde, kleurlose, geurlose Degie bly totdat sy die dag sterf en met haar potensiaal en talente en al begrawe en vergeet word. Sy het dan haar doel gemis. 


Bemoediging en wenke vir Degies


In ’n referaat oor die ontwikkeling van begaafde kinders wat by ’n internasionale konferensie gelewer is, bied die opvoedkundekenner prof Sidney Moon die volgende hulpmiddels aan vir ouers en onderwysers van hierdie kinders om hulle te help om selfbewussyn aan te kweek. Alle mense kan egter hierdie hulpmiddels gebruik om hulle gawes en talente te ontwikkel, ook jy as Degie:


· Stel vas watter soort persoonlikheid jy het.


· Suiwer jou waardes.


· Ondersoek en evalueer jou belangstellings.


· Identifiseer jou sterkpunte en jou swakpunte. Gebruik die SWOT-analise hiervoor. 


· Ontdek jou talente. As jy sukkel om jou talente en gawes self te identifiseer, vra dié mense wat jou goed ken – soos jou familie en vriende – om jou te help. As jy steeds onseker is, maak dit ’n saak van gebed.


· Ontwikkel dan jou talente en gawes deur oefening, nog oefening en selfs nog meer oefening. Leer die vaardighede aan wat jy nodig het om jou talente of gawes te beoefen. 


· Toets of jou belangstellings werklik geprikkel word deur die talente en gawes wat jy in jouself geïdentifiseer het. 




Stilwordtyd by God vir Degies


Lees die Bybelgedeeltes hierbo in stilte en met jou volle aandag deur. Jy is welkom om ook ander Bybelgedeeltes saam met hierdie te lees en oordink. Wanneer jy die gedeeltes klaar aandagtig gelees het, vra jou af:


· Wat het my getref? Bid daaroor.


· Luister dan in stilte en met ’n oop hart na God se aanwysings vir groei in jou lewe. Luister vir antwoorde op moontlike vrae soos:


o Hoe kan ek my bestaande resep verbeter? Wat moet uit? Watter nuwe bestanddele kan in?


o Wat keer dat ek ’n deurbraak beleef?


o Hoe kan ek my hart, teenoor myself én my medemens, prakties verruim?



Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Koeke en terte

Vir mense wat vir hulself kan lag. Susan Coetzer takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself en and...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid