Leesplan inligting

Blydskap en goeie nuus deur Nina Smit Voorbeeld

Blydskap en goeie nuus deur Nina Smit

DAG 3 VAN 5

’n Ster se lig


Omstreeks die tyd van Jesus se geboorte verskyn daar ’n besondere ster in die ooste. ’n Paar sterrekundiges reis toe na Jerusalem en doen by koning Herodes navraag oor waar die pasgebore Koning van die Jode hom bevind. 


Herodes is hoogs ontsteld en doen dadelik by die leierpriesters en skrifkenners navraag oor die geboorte van die Messias. Die uitgeslape Herodes stuur die sterrekundiges na Betlehem met die opdrag om hom te laat weet sodra hulle die Koning opgespoor het. 


Die ster het voor hulle uitbeweeg en gaan stilstaan bokant die plek waar die Kindjie was. Toe hulle by die huis ingaan val hulle voor Jesus neer en aanbid Hom. Hierna gee hulle vir Hom die koningsgeskenke wat hulle vir Hom saamgebring het. Omdat ’n engel hulle in ’n droom oor Herodes gewaarsku het, het hulle met ’n ander pad huis toe gegaan. 


Die sterrekykers erken Jesus sonder huiwering as Koning en bewys hul eerbied deur voor Hom te kniel, Hom te aanbid en geskenke vir Hom te gee.


God gebruik Jesus om die wêreld met Homself te versoen. Deur die kruisdood van Jesus maak Hy van ons nuwe mense, mense wat vir God aanvaarbaar is. Maar dit kan nie gebeur voor die boodskap van versoening verkondig word nie. 


En hierdie boodskap vertrou God aan sy kinders, aan my en jou, toe. As ons nie gewillig is om hierdie boodskap uit te dra nie, gaan die wêreld nooit hoor van die versoening nie.


Gebed


Here Jesus, elke keer as ek na u sterrehemel kyk, wil ek U loof en aanbid en opnuut as die Koning van my lewe erken. Help my om u versoeningsboodskap uit te dra. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Blydskap en goeie nuus deur Nina Smit

Die gedagtes in hierdie Advent-leesplan sal lesers help om hierdie Kersfees nader aan God te kom. As jy dink aan die wonderbaarlike geboorte van Christus en die voorreg om Hom te ken, sal jou lewe, liefde, hoop en vreugd...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media en Nina Smit bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/leef-in-sy-lig-grootdruk-hardeband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid