Leesplan inligting

Vry van Pornografie - John BevereVoorbeeld

Porn Free With John Bevere

DAG 4 VAN 5

Vermy Enige Versoeking



Gister het ons gesels oor hoe belangrik dit is om ons denke te vernuwe. Om in vryheid te wandel het jy nuwe denke nodig, wat ooreenstem met die waarheid van God se Woord en nie met die leuens van die vyand wat jou in slawerny wil hou nie. Dit is 'n baie belangrike aspek van jou reis na vryheid — en dit is voorwaar 'n reis. Dit sal nie oornag gebeur nie. 



In die tussentyd, terwyl jou denke vernuwe word en jy leer om elke gedagte in gehoorsaamheid na Christus te bring, is dit baie belangrik dat jy die regte grense in jou lewe stel.  



Die Bybel waarsku ons: "Moenie agter die goddeloses aanloop nie, vermy die pad van slegte mense. Los dit, moenie daarop loop nie, draai weg, vermy die slegte mense." (Spreuke 4:14-15)



As jy vry van sonde wil leef, moet jy wegbly van die pad wat soontoe lei. Net jy weet wat die spesifieke valstrikke is — die dinge wat jou die verkeerde pad laat kies. Dis tyd om daaroor eerlik te wees en dit uit jou lewe te verwyder. 



Vir baie mense beteken dit om sekere toepassing of selfs die Internet, vir 'n geruime tyd van jou selfoon af te vee. Vir baie mense is dit ook raadsaam om perke op die Internet te stel, deur 'n wagwoord-beskerming, wat deur 'n goeie vriend beheer word en jou sal ondersteun in jou reis na vryheid. Dis ook raadsaam om aanspreeklikheid programmatuur op al jou toestelle te installeer, sodat al jou Internet gebruik opsigtelik is. 



Die belangrikste ding wat jy moet onthou is dit: terwyl jy jou denke vernuwe, en selfs ná die tyd, is dit goed om die nodige stappe te neem om van die versoeking af weg te bly. Die Skrif stel dit baie duidelik dat ons van seksuele losbandigheid moet wegvlug — ons moenie kyk hoe naby ons daaraan kan kom sonder om in die slaggat te trap nie. As jy wil bevry word, moet jy ophou om op die bose se voorstoep te speel en eerder weghardloop.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Porn Free With John Bevere

Dis nie 'n leesplan om jou oor die kole te haal nie, ook nie om te sê jy moet harder probeer of jou lewe in orde kry nie. Die Vry van Pornografie leesplan, sal jou vanaf jou huidige omstandighede, versigtig en met genade...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int'l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.messengercourses.com/porn-free

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid