Leesplan inligting

Vry van Pornografie - John BevereVoorbeeld

Porn Free With John Bevere

DAG 2 VAN 5

Wat Wil Jy Hê?


'n Klompie jare gelede het ek 'n vriend gehad wat aan rook verslaaf was. Alhoewel hy geweet het hoe sleg die gewoonte vir hom was, het hy nogtans vier pakke per dag gerook. Vir jare lank het hy gebid en God gevra om hom vry te maak, maar daar was geen verandering nie.



Toe, eendag, sien hy 'n vriend in die kerk wat oombliklik van dieselfde probleem vrygemaak is. 


My vriend was baie gefrustreerd. 



Met 'n kwaai houding het hy na God gegaan en uitgeroep: "Ek roep al twee jaar lank na U om hulp! Hoekom het U my nog nie vrygemaak nie?!"


God antwoord toe: "Want jy hou nog daarvan."



Hy was stomgeslaan deur die openbaring dat God hom nie kon vrymaak van iets waarvan hy nog steeds gehou en begeer het nie. Die rede is dat God nooit ons eie vrye wil in die wind sal slaan nie. My vriend het belydenis gedoen, God gevra om die begeerte na dit wat hom in verslawing gehou het weg te neem, en hy is oombliklik vrygemaak. Hierdie man, wat eens op 'n tyd vier pakkies sigarette op 'n dag gerook het, het nou glad nie meer gerook nie — en hy is vandag nog steeds vry. 



Paulus spoor ons met hierdie woorde aan: "Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is" (Romeine 12:9). 



Indien jy vrygemaak wil word, kan jy nie op twee gedagtes hink nie. Jy moet die sonde waarvan jy vry wil kom, met 'n passie haat. Dis eers toe my hart gebreek het oor hoe die stryd wat ek met pornografie gehad het, God se hart gebreek het, dat ek kon vrykom. Toe ek my sonde kon begin sien soos God dit sien — as die vernietigende, neerdrukkende, verfoeilike ding wat dit is — kon ek dit met 'n passie begin haat het. 



Bid dat God jou sal help om jou sonde te sien vir wat dit is. Vra Hom om jou te help om dit te haat. Wanneer daar geen deel van jou is wat nog lief vir die sonde is nie, sal jy makliker daarmee ophou.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Porn Free With John Bevere

Dis nie 'n leesplan om jou oor die kole te haal nie, ook nie om te sê jy moet harder probeer of jou lewe in orde kry nie. Die Vry van Pornografie leesplan, sal jou vanaf jou huidige omstandighede, versigtig en met genade...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int'l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.messengercourses.com/porn-free

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid