Leesplan inligting

Vry van Pornografie - John BevereVoorbeeld

Porn Free With John Bevere

DAG 3 VAN 5

Vernuwe Jou Denke  


Vandag wil ek op 'n baie belangrike aspek oor die vrymaking van pornografie, of enige ander hardnekkige, sondige gewoonte fokus, en ook hoe om vry te bly. 



Met jou wedergeboorte is jou ou lewe en al sy sondige begeertes saam met Christus gekruisig en jy lewe nou in Hom. God het sy Gees en sy geaardheid in jou geplaas. 



Wanneer jy van hierdie waarheid bewus word, volg daar 'n vraag: hoekom sondig ek nog steeds? Een van die redes is dat jou denke eers vernuwe moet word. Wanneer jou denke vernuwe is, sal jy nie meer soos die wêreld — volgens die vlees — dink nie. 



Die stryd met pornografie word op die slagveld van jou denke oorwin. Paulus het geskryf: "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is" (Romeine 12:2). 



Hoe vernuwe ons nou eintlik ons denke? Ons moet dit met die waarheid van die Woord van God vul. Paulus se opdrag was as volg: "Elke hooghartige leuen wat die ware kennis van God probeer verdraai, loop ons met God se wapens onderstebo. En elke gedagte wat deur ons koppe gaan, neem ons gevange en lewer dit aan Christus uit. Ons dink slegs wat Hy wil hê" (2 Korintiërs 10:5 DB).



Wanneer jy ook al 'n gedagte kry wat nie in ooreenstemming met die Woord van God is nie, moet jy dit met die waarheid vervang. Dit beteken dat jy eers die waarheid moet leer ken deur tyd deur te bring om God deur sy Woord te leer ken. Onthou jy toe Jesus in die woestyn deur die Satan versoek is? Hy het elke versoeking wat die vyand na Hom gebring het, met die Woord teengestaan. 



As jy die stryd in jou denke wil wen en in oorwinning wil leef, moet jy dieselfde begin doen. In 'n ander Skrifgedeelte sê Paulus dat ons die "swaard van die Gees, dit is die Woord van God", moet opneem (Efesiërs 6:17). 



As jy die oorlog wil wen, is dit tyd om jou wapens op te neem en terug te veg. Soos wat jy die Woord van God deel van jou maak, en begin om die leuens van die vyand teen te staan, sal dit hul krag oor jou verloor. Dan sal jy in vryheid begin wandel en die lewe ontdek wat God vir jou in gedagte het. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Porn Free With John Bevere

Dis nie 'n leesplan om jou oor die kole te haal nie, ook nie om te sê jy moet harder probeer of jou lewe in orde kry nie. Die Vry van Pornografie leesplan, sal jou vanaf jou huidige omstandighede, versigtig en met genade...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int'l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.messengercourses.com/porn-free

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid