Leesplan inligting

Wat Is Geestelike Gawes?Voorbeeld

What Are Spiritual Gifts?

DAG 3 VAN 4

Hoe Weet Ek Wat My Gawes Is?



Is jy gereed vir die prettige deel? Nou kry jy die geleentheid om jou geestelike gawes te identifiseer. Dit is nie moeilik nie, want die kans bestaan dat jy dit alreeds weet. Vra jouself die volgende vrae:




  • Wat sê die Heilige Gees vir my?

  • Watter ding geniet ek om te doen?

  • Voel ek vervuld wanneer ek dit doen?

  • Watter dinge kan ek goed doen, volgens ander mense?

  • Wat het ek al gedoen wat 'n groot verskil in iemand anders se lewe gemaak het?


Wanneer jy jou gawes vind, behoort jy te voel dat dit sommer maklik is vir jou. En dit is gewoonlik hoe 'n gawe werk. Dis nie jou talente of jou vaardighede nie, maar iets bo jou eie vermoë. Om hierdie ding te doen, is dan vir jou so natuurlik soos om asem te haal. Hier is nog 'n paar gedagtes om jou te help om vas te stel wat jou gawes is:




  • Wanneer jy gereeld mooi dinge vir mense sê, is jy 'n bemoediger. 

  • As jy God se waarheid aan almal verklaar, is jy 'n profeet.

  • As jy gereeld gee aan mense in nood, is jy 'n gewer. 

  • As jy iets leer en nie kan wag om iemand te vertel nie, is jy 'n leermeester. 

  • As jy van Jesus getuig teenoor elkeen wat jy kan, is jy 'n evangelis.


Terwyl ons ons lewens vir Christus leef, kan ander mense gawes in ons sien wat ons self nie kan sien nie. Moenie skaam wees om vir mense te sê dat jy nog probeer om uit te vind wat jou gawes is nie. Vra hulle om jou te help, want die mense naby aan jou mag iets raaksien in jou wat jy nie self kon nie!



Dit is nie nodig om te weet wat ons gawes is voordat ons dit begin gebruik nie. Wanneer ons sien dat iemand se geloof swak of wankelrig is, kan ons vir hulle ons hulp aanbied. Ons mag nooit toelaat dat 'n gebrek aan 'n geestelike gawe ons verhoed om gehoorsaam te wees aan wat die Bybel sê nie. Daar is mense wat die gawe van bemoediging het, maar in 1 Tessalonisense 5:11 (NLV) sê dit dat ons almal moet "aanhou om mekaar moed in te praat en geestelik op te bou…" Baie het die gawe gekry om barmhartigheid te bewys, maar volgens Lukas 6:36 (NLV) moet ons almal "barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is." 



Oorweeg dit om 'n geestelike gawes toets te ondergaan, nadat jy goed nagedink het oor die bogenoemde inligting. Dit is een van die mees algemene maniere wat mense gebruik om uit te vind wat hulle gawes is. Daar is baie toetse op die Internet — ons stel voor dat jy twee of drie verskillende toetse doen om te sien of hulle jou tot dieselfde slotsom laat kom. Alhoewel hierdie alles mensgemaakte toetse is, was dit nooit bedoel om die leiding van die Heilige Gees in ons lewens te vervang nie. Nooi God se Gees uit om jou te lei wanneer jy in jou roeping begin om alles te wees wat Hy jou geroep het om te wees vir sy koninkryk en sy mense.



Oordink




  • Dink na oor die dinge waarin jy baie goed is en wat jy maklik vind om te doen. Hoe kan jy dit gebruik om 'n impak te maak in iemand anders se lewe?

  • Vra 'n paar goeie Christenvriende waar hulle gesien het dat jy 'n positiewe verskil in iemand se lewe gemaak het.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

What Are Spiritual Gifts?

Jy hoor hoe mense gesels oor hulle gawes en jy sien dat sommige mense dinge doen asof dit vir hulle tweede natuur is. Maar, wat van jou? Jy mag dalk vra: "Wat is my geestelike gawes?" In hierdie 4-dag leesplan sal jy van...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid