Leesplan inligting

Die reis van ’n pelgrim deur Ann GoodfellowVoorbeeld

Die reis van ’n pelgrim deur Ann Goodfellow

DAG 5 VAN 5

Hou jou oë vasgenael op Jesus


Ons word dikwels weggelok van ons plek aan Jesus se sy. Ons pak meer dinge aan as wat ons veronderstel is om te doen en verwaarloos dan ons verantwoordelikhede teenoor Hom.


Die Here het ons geroep en toegerus om geestelike werk vir Hom te doen, maar ons skuif dit baiekeer alles opsy en jaag eerder wêreldse plesier na. Hou jou oë vasgenael op die Here Jesus, op wie jy steun, en gaan terug na die taak wat Hy jou gegee het om te doen.


Jou belangrikste doelwit is om in ’n goeie verhouding met die Here te wees en die taak te doen wat Hy aan jou opdra. Moenie afdwaal van jou plek aan Jesus se sy nie. Moenie toelaat dat die verleidings van die wêreld jou aandag aflei nie. Moenie jou getroue diens aan ons Here laat vaar nie. Hy wag vir jou om daardie taak op te neem en dit tot sy eer goed uit te voer. Hou jou oë vasgenael op Jesus!


As ons die werk wat aan ons toevertrou word, goed doen, sal ons beloon word. Ons moet egter nie net op die beloning fokus nie, maar die werk ywerig en getrou doen. 


As ons God getrou dien in die lewe en dit wat Hy ons gee na die beste van ons vermoë gebruik, kan ons seker wees dat Hy ons eendag sal beloon. Dié wat weier om in Jesus te glo en wat leef volgens hul menslike aard, sal nie die beloning van ewige lewe ontvang nie. Dink na oor hoe jy die Here kan dien.


Gebed


Here, ek vertrou op U, die Skepper en Voltooier van my lewe. Gee dat ek elke dag van my lewe getrou vir U sal werk. Amen.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die reis van ’n pelgrim deur Ann Goodfellow

Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan sal jou aanmoedig om jou pad na die Here te vind, Sy hand te vat en om elke dag in vrymoedigheid te lewe. As jy na die Lig soek, sal jy met liefde verryk en met sekerheid vervul ...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media en Ann Goodfellow bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/die-reis-van-n-pelgrim-hardeband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid