Leesplan inligting

Die reis van ’n pelgrim deur Ann GoodfellowVoorbeeld

Die reis van ’n pelgrim deur Ann Goodfellow

DAG 1 VAN 5

Die ewige liefdesverhaal


Die Bybel is vol van die ewige verhaal van God en sy liefde vir sy kinders. Hy wil ’n liefdevolle verhouding bou met elkeen, maar so baie mense draai hul rug op Hom en maak asof daar geen God is nie. 


Vir dié wat God nastreef en Hom vind, is daar egter ’n ander verhaal. Dit begin met God wat sy liefdevolle hart aan ons openbaar. Hy deel sy gedagtes en sy wil met ons, sy begeerte vir die beste lewe vir elkeen. God raak ten volle betrokke in die lewe van hulle wat Hom lief het.


God het sy grootste geskenk aan die mensdom gegee: Hy het sy Seun, Jesus, gestuur om tussen ons te kom woon en ons te wys hoe God wil hê ons moet leef. Jesus het God se liefde geopenbaar deur vir ons almal om te gee, en het toe om ons ontwil gesterf – in Jesus is God se liefde ten volle geopenbaar. En die liefdesverhaal duur voort, want God wil sy doel tot uitvoering bring: om in ’n liefdevolle verhouding te wees met elke man, vrou en kind wat Hy geskep het. Watter magtige God dien ons nie! 


Ons verhouding met God is vir ons baie kosbaar, want dit is gegrond op liefde – Sy liefde vir ons en ons liefde vir Hom! Voordat ons God leer ken het, was ons selfsugtige en selfgesentreerde wesens wat nie omgegee het wat ander van ons gedrag dink nie. 


Maar toe God ons hart aanraak, was daar onmiddellik ’n verandering. Liefde het oorvloedig in ons lewe ingevloei. Sorg dat jou liefde vir God nie afkoel en louwarm raak nie. Wees positief oor jou verhouding met jou Skepper. Loof Hom! Aanbid Hom! Gee Hom al die liefde in jou hart! 


Gebed


Here God, gee dat my lewe gerig sal word deur U liefde. Dankie vir die geskenk van Jesus. Gee dat my lewe vol vriendelike goedheid teenoor alle mense sal wees. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die reis van ’n pelgrim deur Ann Goodfellow

Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan sal jou aanmoedig om jou pad na die Here te vind, Sy hand te vat en om elke dag in vrymoedigheid te lewe. As jy na die Lig soek, sal jy met liefde verryk en met sekerheid vervul ...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media en Ann Goodfellow bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/die-reis-van-n-pelgrim-hardeband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid