Leesplan inligting

Die reis van ’n pelgrim deur Ann GoodfellowVoorbeeld

Die reis van ’n pelgrim deur Ann Goodfellow

DAG 2 VAN 5

Liefde perfek gemaak


Die grootste begeerte in ons Vader se hart is dat ons lewe in hierdie wêreld soos Christus s’n sal wees. Hy was volmaak in harmonie met God se wil en het geleef om mense met daardie liefde aan te raak.


Van die dag dat ons Jesus as ons Here en Verlosser aanvaar, word ons geroep en geseën met God se liefde deur die Heilige Gees se teenwoordigheid in ons.


Ongeag van hoeveel liefde ons weggee, giet God net nog meer van sy hemelse voorraad in ons. Ons kan nooit meer liefde gee as wat God vir óns gee nie! Ons kry elke dag die geleentheid om vriendelike goedheid met ander te deel, en ons moet dit, uit gehoorsaamheid aan God, met liefde doen. Liefde word ten volle in ons verwesenlik deur Jesus, ons Here en Verlosser!


Jesus het altyd tyd gemaak vir mense. Hoewel Hy dikwels moeg moes gewees het van die baie skares, was Hy nooit ongeduldig of ongeskik nie; tyd was nie sy baas nie. Hy het die kinders na Hom toe geroep toe die dissipels hulle wou wegstuur. 


Die wêreld staan dikwels in ons pad, maar as ons opreg daarna streef om Jesus te ontmoet om sy wil en weg vir ons lewe te leer ken, kan ons ook warm, uitnodigende liefde aan ander betoon soos wat Hy gedoen het. 


Bestee tyd daaraan om ’n buurman te help. Bid tot God vir ’n vriend wat in ellende verkeer. God wil jou ontmoet in jou tyd van gebed en smeking.


Gebed


Christelike liefde is warm en vrygewig, en dit is my begeerte om vervul te wees met daardie liefde. Gee dat my ingesteldheid en gebede vol vriendelike goedheid teenoor my medemens sal wees. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die reis van ’n pelgrim deur Ann Goodfellow

Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan sal jou aanmoedig om jou pad na die Here te vind, Sy hand te vat en om elke dag in vrymoedigheid te lewe. As jy na die Lig soek, sal jy met liefde verryk en met sekerheid vervul ...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media en Ann Goodfellow bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/die-reis-van-n-pelgrim-hardeband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid