Leesplan inligting

Inleiding Tot Die TabernakelstudiesVoorbeeld

Inleiding Tot Die Tabernakelstudies

DAG 2 VAN 10

DIE OORSPRONG VAN DIE TABERNAKEL


Die tabernakel het sy oorsprong in God gehad (Ex 25:1-9; Heb 8:5). Hierdie tabernakel wat God Moses beveel het om in die woestyn te maak kort nadat Israel uit Egipte verlos is, is ’n volmaakte tipe en skadubeeld van die Here Jesus Christus.


Elke stukkie detail van die tabernakel en sy struktuur, materiaal, meublement en die bediening van die tabernakel openbaar een of ander aspek van die oneindige genade, eienskappe, gawe en persoonlikheid en werk van ons Saligmaker Jesus Christus soos ons lees in Hebreërs:


Hebreërs 10:20


Hebreërs 9:2-8


Hebreërs 9:11-14


Hebreërs 10:1-7;10


In die bestudering van die tabernakel kry ons begrip van die weg wat die Here God berei het, of die stappe wat die Here daargestel het vir ’n sondige volk om toenadering tot ’n Heilige God te kan hê. Die groot doel waarom God die mens geskape het is dat Hy gemeenskap met die mens kan hê. Die tabernakel was dus die plek waar die Here die sondaar ontvang het (Lev 1:4); nou ontvang God die sondaar in Christus (Ef 2:13; Ef 1:5-6; Heb 10:19-20). Die tabernakel was ook die plek waar God die skuldige persoon vergewe het (Lev 4:20,26,31,35; Lev 5:10,16,18); nou ontvang die persoon vergifnis van sonde in Christus (Ef 1:7; Kol 1:14).


Môre begin ons kyk na die detail van die tabernakel.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Inleiding Tot Die Tabernakelstudies

Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus (Heb 10:20). Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel; en wat beteken ’n slot sonder ’n sleutel? Net so is kennis van d...

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid