Leesplan inligting

Beloftes vir u Alledaagse LeweVoorbeeld

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

DAG 4 VAN 14

Liefde in aksie


“As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.” Johannes 13:35 NLV


As Christene word ons geroep om aan mense liefde te bewys. Soos die boonste skrif sê: as ons aanhou liefde aan mekaar bewys, sal ander kan sien dat ons Sy dissipels is (Johannes 13:35). So baie mense sien liefde as bloot net “gevoelens”, maar dit is soveel meer as dit. Ware liefde word deur ons aksies gewys. 


Hierdie aksies hoef nie altyd onmoontlik of oorweldigend te wees nie. Een van die beste maniere om Jesus se liefde te wys is deur basiese, daaglikse aksies. 


Byvoorbeeld, om ‘n klein geskenkie vir iemand te gee of ‘n geselsie aan te knoop met iemand wat deur ‘n moeilike tyd gaan. Om dalk kruideniersware te gee vir die enkelma wat in jou straat bly en dalk sukkel om te werk te kry om geld huis toe te kan bring. Om liefde te wys kan so eenvoudig wees soos ‘n glimlag of om vir iemand hallo te sê in die straat, in die gang of in die winkel. 


Daar is so baie maniere waarop ons die liefde van Christus kan demonstreer. Wanneer jy Sy liefde aan iemand anders wys, kan dit die persoon se hart sagmaak en voor jy dit besef begin hulle dan ook die liefde van Jesus deel! 


Vier dus God se liefde en laat Hom toe om jou te lei. Is daar iemand wat Hy nou op jou hart druk? 


Ek wil hê my liefde vir Jesus moet reflekteer word in die manier waarop ek Sy liefde vir ander wys – selfs dié mense wat moeilik is om lief te hê. As ek iemand se hart kan sagmaak met die liefde van God, kan daardie persoon dalk iemand anders sagmaak met liefde, en dáárdie persoon weer iemand anders, en God se liefde sal aan en aan kan gaan. En uiteindelik het ons ‘n liefdesrevolusie! 


Gebed:


God, ek wil hê my liefde vir U moet gesien word in die manier waarop ek liefde aan ander bewys. Wys my maniere om liefde te wys aan almal wat U oor my pad bring. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

Begin u dag met 'n praktiese Bybelonderrig van Joyce Meyer. Hierdie daaglikse toewyding sal jou hoop gee, help om jou gedagtes te verfris en te ontdek dat jy elke dag met doel en passie kan leef!

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid