Leesplan inligting

Beloftes vir u Alledaagse LeweVoorbeeld

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

DAG 3 VAN 14

 O ja jy kan!


“Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ‘n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur.” 1 Korintiërs 10:13 NLV


Ons almal staar  op een of ander tyd versoeking in die gesig – dis ‘n onvermydelike deel van die lewe. Die vraag is nie: Sal jy versoek word nie? Die vraag is: Wanneer jy versoek word, gaan jy reg wees?


Ek wil regtig hê dat jy dit moet verstaan: jy kán versoeking oorkom! Hou op om te sê: “Joyce, ek dink net nie dat ek kan nie”. Verwyder “ek kan nie” heeltemal uit jou woordeskat uit. 


Jy is reg: In jou eie krag en in jou eie vermoë kan jy nie. Maar wanneer jy God se Woord in jou hart bêre, wanneer jy op Sy krag steun en vertroue het in Sy beloftes, is daar geen versoeking wat jy nié kan oorkom nie. 


Oor die jare het ek agtergekom dat daar 5 dinge is wat die verskil maak of ons versoeking kan oorkom of nie. Eerstens: jy moet wys wees. Dink oor die keuses wat jy maak en die gevolge daarvan, voordat jy dit maak. Wysheid kyk vorentoe. 


Tweedens: jy moet glo dat jy versoeking kan weerstaan. Veroordeling, skuldgevoelens en skande werk met momentum. As jy die gevoelens vroeg stop, verloor hulle krag, maar as hulle eers begin rol is dit moeilik om te stop. Derdens: dink aan versoekings as ‘n normale deel van jou lewe. As jy ‘n stryd verwag, gaan jy reg wees daarvoor. Vierdens: bly weg van areas waar jy swak is. Moenie jouself in posisies plaas waar jy maklik kan val nie. As jy sukkel met geldspandering, moenie winkels toe gaan as jy nie geld het nie! 


En laastens: moenie jouself te veel krediet gee nie. Ons raak nooit immuun teen versoekings nie. Dit is so maklik om te dink dat jy al té volwasse is om te val en as dit dan gebeur, maak jy jouself ‘n maklike teiken. 


God wil hê jy moet Hom vertrou om vir jou die oorwinning in elke area van jou lewe te bring. Deur Sy genade…kán jy!


Gebed: 


God, ek besef versoeking is deel van die lewe. Help my om nie onverwags uitgevang of verras te word as dit kom nie. Dankie vir die wysheid en genade om enige en alle versoekings te oorkom en in U oorwinning te leef.  

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

Begin u dag met 'n praktiese Bybelonderrig van Joyce Meyer. Hierdie daaglikse toewyding sal jou hoop gee, help om jou gedagtes te verfris en te ontdek dat jy elke dag met doel en passie kan leef!

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid