Leesplan inligting

Beloftes vir u Alledaagse LeweVoorbeeld

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

DAG 5 VAN 14

 Genade – God se krag vryelik gegee


“Namens Hom wat my in sy genade tot sy apostel gemaak het, sê ek aan elkeen van julle dat jy nie jouself moet oorskat nie, maar dat jy jouself nugter moet beoordeel volgens die geestelike toerusting wat God aan jou toebedeel het.” Romeine 12:3 NLV


As jy ook al ‘n tydjie in hierdie wêreld is, het jy al geleer dat daar min dae is wat werklik gebeur soos ons dit wil hê. Gelukkig sal God ons nooit in ‘n situasie sit sonder om ons die vermoë te gee om in dit te wees met vreugde nie. 


Ek glo God gee ons ‘n spesiale genade vir elke situasie. Hier is hoe ek genade definieër: “God se krag om ons te help om enigiets te doen wat ons moet doen”. Jy kan al die krag vandag hê, maar jy moet dit kan ontvang en die enigste manier om dit te ontvang is deur geloof. 


In Romeine 12:3, in die Engelse vertaling, sê dit God het aan ons elkeen ‘n mate van geloof gegee. Vra jouself vandag af: Wat doen ek met my geloof? Plaas jy jou geloof in jouself, of in ander, of in jou omstandighede? 


Dit is nie ‘n lewe in genade nie, dit is net ‘n lewe in jou eie krag en werke. Dit sal nie die werk verrig nie! 


Maar as jy jou geloof vrystel en God vertrou om te doen wat jy nie kan doen nie, dan plaas jy jou geloof in Hom. Dan sal genade – God se krag – deur die kanaal van geloof kom en dit sal jou help om dinge te doen wat jou en ander verstom sal laat staan. 


Hier is my langer definisie van genade: “Dit is God se krag wat vryelik na ons toe kom, met ander woorde dit kos ons niks anders as net ons geloof in God nie, om ons met gemak te bekragtig om te doen wat ons nooit op ons eie sou kon doen met enige moeite of struikel nie”. 


Plaas jou geloof in God. Hy wil Sy genade vir jou gee vandag. 


Gebed: 


  God, ek weet dat die lewe nie altyd sal verloop soos ek dit wil hê nie, maar ek vertrou U. Deur geloof ontvang ek U genade, die krag wat U my vryelik gee om my deur enige situasie te dra wat ek moontlik vandag moet deurmaak.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

Begin u dag met 'n praktiese Bybelonderrig van Joyce Meyer. Hierdie daaglikse toewyding sal jou hoop gee, help om jou gedagtes te verfris en te ontdek dat jy elke dag met doel en passie kan leef!

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid