Leesplan inligting

Skutrelings: Hoe Om Spyt In Jou Lewe Te VermyVoorbeeld

Guardrails: Avoiding Regrets In Your Life

DAG 4 VAN 5

Wanneer jy aan finansiële skutrelings dink, dink jy dalk daaraan om uit die skuld te bly. Dit is goed om skuldvry te wees, maar volgens Jesus kan jy geen skuld én baie geld in die bank hê, maar nogtans in 'n finansiële verknorsing wees. Interessant, nie waar nie? Hou aan lees. 



In vandag se verse uit Matteus, sê Jesus dat ons almal deur iemand of iets beheer (of besit) word. Dan gee Hy vir ons twee onverwagse opsies: God óf geld. Ons verwag waarskynlik Hy sou sê dat ons óf deur God óf die Satan beheer kan word. Maar Jesus sê dat sy grootste mededinger ons geld is.



In wese ontlok hy die vraag: Besit ons geld of besit geld ons? 


Sonder finansiële skutrelings beland die meeste van ons in een van twee verknorsings. Ons sal óf baie geld spandeer, óf baie geld spaar. Die een is 'n onbeteuelbare begeerte: koop, opgradeer, herhaal. Die ander een is onbeteulbare vrees: Wat gaan gebeur as ek nie genoeg geld het nie? Gaan dit dalk met my gebeur?



In albei gevalle is geld ons baas. Ons jaag daarna, sodat ons dit dadelik kan gebruik. Of ons jaag daarna, sodat ons dit kan spaar en later gebruik.



Ons het 'n finansiële skutreling nodig wat God ons Meester kan maak. Dit is ook presies wat ons in Matteus 6:33 vind; weggesteek aan die einde van 'n lang onderrig oor hoe ons ons geld moet beskou en gebruik. Dit is net vier woorde: "soek eers sy koninkryk." 



In God se koninkryk kom "ander eerste." Of, om dieselfde woorde as gister te gebruik: in God se koninkryk is die beste, dit wat vir ánder mense die beste is. Die skutreling wat ons uit die verknorsing van spandabelrigheid en spaar sal hou, is om ander eerste te stel wat ons finansies aanbetref. 



Gee eers aan ander. Spaar daarna vir jou toekoms. Leef dan van die res. 


Gee eerste. Spaar tweede. Leef van dit wat oorbly.



Die goeie nuus oor hierdie skutreling is: dit kan outomaties gebeur. Sodra jy 'n organisasie of saak geïdentifiseer het waarvoor jy omgee en 'n reëling tref om te gee, sal hierdie skutreling jou finansies op koers hou, sonder enige ekstra moeite.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Guardrails: Avoiding Regrets In Your Life

Skutrelings word opgerig om te voorkom dat ons voertuie in gevaarlike of verbode gebiede ry. Dikwels sien ons hulle nie totdat ons hulle nodig het — en dan is ons dankbaar dat hulle daar is. Wat as ons skutrelings in ons...

More

Ons wil graag vir North Point Ministries en Andy Stanley bedank wat hierdie leesplan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.anthology.study/anthology-app

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid