Leesplan inligting

Skutrelings: Hoe Om Spyt In Jou Lewe Te VermyVoorbeeld

Guardrails: Avoiding Regrets In Your Life

DAG 1 VAN 5

Net so min as wat iemand beplan om 'n motor opsetlik te verwoes, beplan niemand om hul lewens opsetlik te verwoes nie. Langs die pad is skutrelings opgerig om te keer dat ons in gevaarlike of verbode gebiede ry. Wat as ons skutrelings in ons lewens gehad het wat dieselfde kon doen?



Van die meeste spyt in ons lewens kon vermy word, of ten minste minder wees, as ons persoonlike skutrelings gehad het om ons geld, verhoudings, moraliteit en emosies te beskerm.



Persoonlike skutrelings is standaarde van gedrag wat 'n saak van die gewete word. Dit is reëls wat jy vir jouself opstel om jou gewete wakker te maak as jy daarteen stamp. Net soos die relings langs snelweë, word hulle geplaas waar dit steeds veilig is. Lank voordat jy jou loopbaan ten gronde laat gaan, moet 'n persoonlike skutreling vir jou aandui dat jy op pad na ‘n probleem toe is. Voordat jy woorde sê wat jy nie kan terugtrek nie, moet 'n persoonlike skutreling jou waarsku om jou woorde noukeurig te oorweeg.



Die apostel Paulus gee ons nuttige raad wanneer ons ons eie skutrelings begin opstel: "Wees dan baie versigtig hoe jy leef - nie onverstandig nie, maar met wysheid."



Die apostel Paulus het ook geweet (en miskien het jy dit al ervaar) dat jy in die moeilikheid kan beland sonder om wette te oortree. Jy kan jou finansies vernietig sonder om dit oneties te spandeer. Jy kan 'n verhouding vernietig sonder om sonde te doen.



Skutrelings hou jou nie net aan die veilige kant van reg of verkeerd nie. Dit is ook daar om jou aan die kant van wysheid te hou. 



Hier is die vraag dus wat ons oor die volgende paar dae op ons geld, verhoudings, moraliteit en emosies gaan toepas: In die lig van my ervarings van die verlede, my huidige omstandighede, en my toekomstige hoop en drome, wat is die wyse en verstandige ding om te doen?



In jou huwelik ... jou loopbaan ... wanneer dit daarby kom waar jy moet woon of hoe jy jou tyd moet deurbring ... wat is die verstandige ding om te doen?



Hoe sou dié vraag die keuse of situasie in jou verlede waaroor jy die meeste spyt was, verander het? Waar kan dit jou vandag help? As jy te na aan die kant lewe, is dit miskien tyd om 'n skutreling op te stel. 


 
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Guardrails: Avoiding Regrets In Your Life

Skutrelings word opgerig om te voorkom dat ons voertuie in gevaarlike of verbode gebiede ry. Dikwels sien ons hulle nie totdat ons hulle nodig het — en dan is ons dankbaar dat hulle daar is. Wat as ons skutrelings in ons...

More

Ons wil graag vir North Point Ministries en Andy Stanley bedank wat hierdie leesplan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.anthology.study/anthology-app

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid