Leesplan inligting

Gee vir God die Eerste PlekVoorbeeld

Gee vir God die Eerste Plek

DAG 4 VAN 5

“Om die Lewe se Gevegte te Wen met God se Hulp”


Daar is ‘n lewenslange geveg wat oor ons lewens gevoer word. Aan die een kant is dit die invloed van daardie ou sondige natuur – daardie ou voortslepende neigings, versoekings en sonde wat moeilik vir ons is om te oorkom. Oor tyd heen, soos wat ons volwasse word gedurende ons reis saam met God, verswak die invloed van die sondige natuur. Aan die ander kant is daar die groeiende invloed van die Heilige Gees se teenwoordigheid in ons lewens. Hierdie is twee teenstrydige kragte soos wat dit beskryf word in Galasiërs:


“Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie.” Galasiërs 5:16-17


Dikwels word dit makliker gesê as gedoen. Ons sondige natuur dwing ons om besluite te neem om ons self-gesentreerde begeertes en passies te bevredig. Dit word versoeking genoem, en Jakobus beskryf dit soos volg:


“Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep.” Jakobus 1:13-14


Sodra ons ‘n besluit neem om toe te gee aan die versoeking, word dit sonde.


“Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.” Jakobus 1:15


Tog is dit só ongelooflik dat God, as deel van sy diepe liefde en genade wat Hy vir alle Christene het, ons vergewe en reinig van al ons sondes. Ons is absoluut 100% vergewe.


“Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” 1 Johannes 1:9


Maar dit is steeds ‘n gevaar om toe te laat dat sonde ongehinderd kan voortgaan. Terwyl God ons vergewe en reinig, verwyder Hy nie noodwendig die vernietigende pad van gevolge en omstandighede wat sonde agterlaat nie. Terwyl God ons altyd sal help deur moeilike tye, selfs as dit deur ons eie keuses veroorsaak word, is dit steeds die beste om alles in ons vermoë te doen om die neem van sulke besluite in die eerste plek te vermy.


1 Korintiërs beskryf twee belangrike aspekte wanneer ons met versoeking en sonde te doen het:


“Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.” 1 Korintiërs 10:13


Eerstens is dit dat ons nie alleen in ons stryd is nie. Jy kan weet dat daar ander Christene is, of hulle nou 30 dae of al 30 jaar saam met God reis, wat steeds worstel met sonde en versoekings soortgelyk aan joune. 


Tweedens, God sal nie toelaat dat ons versoek word bo die punt waar ons moeilik ‘n besluit kan maak om die sonde te vermy nie. Hy sal altyd ‘n manier voorsien om te kan ontsnap. Ons taak is, al is dit ook hóé uitdagend, om hierdie weg uit die oomblik van ons versoeking uit te vind. 


Die volgende afdeling voorsien ‘n Bybel-gebaseerde strategie om sonde en versoeking effektief te hanteer. Deur hierdie plan in aksie te sit, is nog ‘n manier om God die eerste plek in jou lewe te gee!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Gee vir God die Eerste Plek

Om vir God die eerste plek in ons lewens te gee, is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie…dit is ‘n lewenslange proses vir elke Christen. Of jy nou nuut is in die geloof, en of jy nou alreeds ‘n “veteraan” volgeling van Chris...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid