Leesplan inligting

Gee vir God die Eerste PlekVoorbeeld

Gee vir God die Eerste Plek

DAG 2 VAN 5

“God het vir Jou die Eerste Plek in Sy Hart Gegee”


Wat sal jy dink as iemand vir jou sê dat God na jou kyk as iemand wat nooit gesondig het nie? Die feit is, weens die verlossingswerk van Christus aan die kruis, is dit presies hoe God jou sien. As Christene is ons vergewe, gereinig en vry!


Dit beteken dat jy heilig is: iemand wat ‘n spesiale posisie van geregtigheid in Christus gekry het. Jy is perfek, heilig en sonder enige blaam in God se oë. Hy noem jou sy kind, ‘n erfgenaam van sy oorvloed, en Sy vriend.


“Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.” 1 Petrus 2:9


Om waarlik te kan verstaan hoe God ons sien, begin met hoe ons Hom sien. God hou ons nie van ‘n afstand af dop om maar net te wag dat ons ‘n fout maak sodat Hy ons kan straf nie. Niks kan verder van die waarheid af wees nie.


Dink na oor wat hierdie vers sê:


“Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.” Johannes 1:12-13


God sien elkeen van ons as Sy eie kosbare kind. Hy is ‘n liefdevolle Vader wat ons oorspoel met guns en sorg vanweë sy oneindige medelye. Sommige Skrifgedeeltes in Hooglied illustreer die intensiteit van God se liefde vir ons op ‘n ongelooflike wyse deur dit te vergelyk met die intieme liefde tussen ‘n man en vrou. Hebreërs 11:6 vertel vir ons dat God dié wat Hom soek, beloon.


God sien elkeen van sy kinders op ‘n heeltemal ander manier as waarop ons onsself sien. Ons verstaan van hoe God elkeen van ons sien, is gebaseer op die werk wat Christus in ons lewe begin het die oomblik toe ons ons verlossing ontvang het.


“Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” 2 Korintiërs 5:17


“Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.” 2 Korintiërs 5:21


Hierdie nuwe skepping is God se goddelike werk; ‘n algehele verandering van ons geestelike toestand en innerlike mens. Hy het ons volledig vergewe en ons van ons sonde gereinig – verlede, hede en toekoms. Ons is nou in die regte verhouding met Hom.


“So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.” Psalm 103:12


Ons is God se mense wat aan Hom voorgehou word sonder enige blaam van sonde; waarlik as Sy geregverdigdes deur die werk van Jesus aan die kruis. God het inderdaad vir ons die eerste plek in Sy hart gegee!

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Gee vir God die Eerste Plek

Om vir God die eerste plek in ons lewens te gee, is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie…dit is ‘n lewenslange proses vir elke Christen. Of jy nou nuut is in die geloof, en of jy nou alreeds ‘n “veteraan” volgeling van Chris...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid