Leesplan inligting

Gee vir God die Eerste PlekVoorbeeld

Gee vir God die Eerste Plek

DAG 1 VAN 5

“God se Plek, My Prys!”


In die eerste plek – dit is die gefokusde ambisie van almal wat klaarmaak. Maak nie saak of dit ‘n individuele of ‘n groep kompetisie is nie, die beste telling of tyd wen, en die eerste plek verseker altyd die beste prys vir dié een wat die bevoorregte onderskeiding bereik het. Dit is áltyd, maar wel met een belangrike uitsondering.


Voordat ons gered was, het ons gewoonlik die eerste plek in ons eie lewens gehandhaaf – deur vir onsself te lewe, deur ons eie selfsugtige ambisies te vervul, deur ons eie agenda te bevorder. Maar toe ons ‘n Christen geword het, het ons nie meer aan die eerste posisie vasgeklou nie; dit behoort nou aan God.


Om vir God die eerste plek in ons lewens te gee begin op die dag van ons redding, maar om vir God toe te laat om in alle areas van ons lewe eerste te bly, is ‘n proses wat nooit ophou nie. Wanneer ons dit doen, sal dit vir ons moontlik wees om hier op aarde ‘n vervulde en geseënde lewe in Christus te lewe, en sal ons ‘n ewige lewe van onuitspreeklike seëninge saam met God in die Hemel vir altyd beërwe.


“Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike.” 1 Korintiërs 9:25

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Gee vir God die Eerste Plek

Om vir God die eerste plek in ons lewens te gee, is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie…dit is ‘n lewenslange proses vir elke Christen. Of jy nou nuut is in die geloof, en of jy nou alreeds ‘n “veteraan” volgeling van Chris...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid