Leesplan inligting

Uit Die Beek 2020Voorbeeld

Uit Die Beek 2020

DAG 6 VAN 7

Ek bid vir die regering, Here …

Mag die koning vir sy mense wees soos die reën vir die plante … Mag die reg onder sy regering floreer en mag daar vir altyd groot voorspoed wees. (Psalm 72:6-7)

Hierdie psalmdigter bid ’n gebed wat ons tog te dankbaar is óns nie hoef te bid nie. Want hedendaagse gelowiges is al heeltemal té seer gebyt deur konings en presidente en voorsitters en generaals, om dit reg te kry om God se seën op húlle af te bid. Gelukkig kom Psalm 72 darem uit ’n ander tyd. Of hoe?

Dalk moet ons maar verder lees, en anderkant ons woede en ontnugtering na dié Psalm se bedoeling gaan soek. Byvoorbeeld in vers 12-14. Hier verneem ons van armes wat om hulp roep, van verdruktes en hulpeloses. Mense wat niemand het wat vir hulle in die bresse tree nie. Want dán kry ons perspektief op hierdie pleitgebed. Dan hoor ons iets soos: Sorg tog goed vir die koning, Here, sodat hy vir die armes en ellendiges kan sorg!

Dan rym hierdie gebed-vir-die-koning met Paulus se latere oproep om vir die regeerders te bid, “sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei …” (1 Tim 2:2). En dalk help dit ook om te weet dat die gesagdraers in Paulus se tyd die Romeinse owerheid was, en dat hulle nié noodwendig die evangelie en die evangelieverkondigers goedgesind was nie. Inteendeel.

Maar sowel Paulus as hierdie psalmdigter weet dat die omsien na armes en hulpeloses én hul bevryding uit ellendige omstandighede, ’n prioriteit vir gelowiges moet wees.

Bid dus maar vir die regering, gelowige! Dit is die minste wat jy kan doen. Die regeerders is veel beter as jy toegerus om ’n verskil te maak.

      

GEBED: U ken my hart, Here. U hoor my bid.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Uit Die Beek 2020

Uit die Beek se tekskeuse vir elke dag is grootliks op die "Revised Common Lectionary" gebaseer. Dit maak hierdie dagboek geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag jy die Here leer...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid