Leesplan inligting

Uit Die Beek 2020Voorbeeld

Uit Die Beek 2020

DAG 5 VAN 7

Elke dag Kersfees

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien … (Johannes 1:14).

Die Evangelie van Johannes vertel nie ’n Kersverhaal nie; dit val sommer weg met ’n preek. Boonop met ’n doelbewuste buiging na die eerste Bybelboek, Genesis. “In die begin het God die hemel en die aarde geskep,” lui Genesis se eerste vers. “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God …” eggo Johannes.

Daarmee verklaar hy dat dit van “Dag Een” af Kersfees was. Die Woord wat later mens geword het, was uit die staanspoor by die skepping teenwoordig. Die wonder hiervan, voeg Johannes nou by, is dat Hy later tussen ons kom woon het.

Dít is ’n wonderwerk, weet ons tot vandag toe, wat toe ook nooit opgehou het nie. Die heerlikheid wat Johannes en sy dissipelvriende gesien het, is vandag steeds sigbaar. Trouens, die hedendaagse volgelinge van Jesus, leef van hierdie heerlikheid. Ons kom immers so pas uit ’n seisoen waarin hierdie heerlikheid helder en duidelik te sien was. En in die jaar wat voor ons lê, sal ons dag ná dag van daardie heerlikheid eet en drink en vrolik wees.

Dit ís dus ánders as wat ons mekaar kinderagtig vermakerig toesnou – elke dag Kersfees. Van altyd af. Grootmense moet dit weet. En dit is juis ook so op hierdie eerste Sondag van die nuwe jaar.

Ja, op hierdie dag waar gelowige mense kom skuiling soek tussen medegelowiges, is daar vir ons ’n geskenk. ’n Hoofletter GESKENK, wie se heerlikheid ons oë laat blink. Soos mense wat, sonder dat hulle daarvoor gewerk het, die reg gekry het om kinders van God genoem te word, se oë maar blink wanneer hulle die lig sien.

        
 

GEBED: Ons lewe van u oorvloed, Here Jesus. U genade op genade, onbeskryflik groot.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Uit Die Beek 2020

Uit die Beek se tekskeuse vir elke dag is grootliks op die "Revised Common Lectionary" gebaseer. Dit maak hierdie dagboek geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag jy die Here leer...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid