Leesplan inligting

Jy Sê, God SêVoorbeeld

Jy Sê, God Sê

DAG 1 VAN 5

JY SÊ: God voel ver en vreemd GOD SÊ: Leer ken My deur my Seun, Jesus 


’n Verhouding met die lewende God kom heel eerste in jou lewe. Dis jou grootste voorreg, uitdaging en doel hier op aarde. En dit beteken veel meer as om sommer net in Hom te glo. 


Jy kan God ken. Dis iets unieks. Ander geloofsrigtings soek na ’n god en wil hom tevrede stel, maar dis anders met ons. 


Dis amper te groot om te begryp. Dink net, om ’n verhouding te hê met die Wese wat hemel en aarde geskep het, wat gesê het, “Laat daar lig wees,” en die son, die grootste krag wat ons ken, het as woord uit sy mond gekom. 


Wat is jou prentjie van God? Want dit bepaal of jy ’n verhouding met Hom kan hê. As daardie beeld skeef is, gaan jy nie sy uitnodiging maklik aanvaar om voluit ’n verhouding met Hom te geniet nie. 


Jou prentjie lyk dalk so: Hy is groot, heilig, ontoereikend en woon in lig waar niemand kan inkyk nie. Niemand wat Hom gesien het, kon dan bly leef nie. So, kan ek Hom ooit leer ken? 


Wel, daar steek waarheid in daardie woorde. Ja, Hy is groot, op ’n heilige berg en niemand mag daaraan geraak het nie. Hy leef in ’n ontoeganklike lig. Sy heerlikheid skyn helderder as die son. Dis alles waar oor Hom. 


En dis ook waar dat die mens, in sy beperkte begrip, Hom nie kan ken nie. Maar dis juis waarom Jesus aarde toe gekom het. Hy het hierdie groot, almagtige God verstaanbaar kom maak. 


Ken jy die storie van die debat oor verskillende gelowe? Die ouens het eers heftig gestry oor die punte waar hulle verskil. Maar later besef hulle: Eintlik aanbid ons dieselfde God. 


Die een ou sit die storie toe so uiteen: Daar is ’n groot berg. God is bo-op. Hierdie geloof probeer sus en so op die berg bring – en almal sê ons probeer eintlik net dieselfde God dien. 


Toe sê ’n Christen: “So, dis waaroor ons kan saamstem? God is bo-op ’n berg. Hy is heilig, Skepper van hemel en aarde?” 


“Ja, ja,” roep almal.

“En ons almal probeer daar bo en by Hom uitkom?” vra hy. “Ja, ja, dis waar,” stem almal saam.

“Maar sal dit nie fantasties wees as daai God ons bietjie help nie! Sukkel julle ook so om by Hom uit te kom?” lag hy. Almal sweer hoog en laag saam. Sal dit nie great wees as Hy bietjie afkom, elkeen aan die hand kom vat en teen die berg uithelp nie? 


“Nou, ek kan julle voorstel aan daai God,” sê die Christen-ou, “sy naam is Jesus.” 


Jy sien, dis juis wat Hy kom doen het. Hy het afgekom van die berg af – na die mense toe. Hy vat nou ons hand en sê: Ek wil julle aan my Vader voorstel. Julle moet Hom leer ken. 


Baie belangrik, en dis waarom Christenskap verskil van ander gelowe. Jy kan deur Jesus ’n lewende verhouding met God die Vader hê. 


Dit bring ons by die ewige lewe. Ons dink mos dis om eendag hemel toe te gaan, né? Dis om gered te wees van hierdie aarde, die sonde en seer, en dan vir ewig by Hom te wees. 


Die ewige lewe is om die Vader te ken. Let wel, deurdat jy die Seun ken. Dit onderstreep: Al manier hoe jy hemel toe gaan, is deur ’n verhouding met jou Skepper. 


Die Griekse woord vir “ken” is baie meer as blote kopkennis. Ons het nie presies so ’n woord in Afrikaans nie. Dit kan omskryf word as kennis wat stap vir stap verdiep. 


Kom ek gee jou ’n voorbeeld. Ons almal ken Kaapstad. Nou waar is Kaapstad? Daar onderaan die puntjie van Afrika, lekker plek by die see. Maar het jy al daar vakansie gehou? 


Die ou wat al in Kaapstad was, het ’n dieper kennis as die een wat net weet van die Moederstad. Nog ’n stappie verder, ken jy die straatname, die winkeltjies in Kaapstad? Daar is ’n verskil tussen iemand wat weet van Kaapstad en een wat daar gebore is, grootgeword het en vandag nog daar woon. 


Net so is dit met God. Party mense sê ek ken Hom, maar dis nie die woordjie waarvan Jesus hier praat nie. Hy praat van die woord om Hom te ken, soos die ou wat Kaapstad leef, eet en drink. “Ken” is om Hom te ervaar in sy diepste dieptes. 


’n Verhouding met Hom bring lewe. Dit motiveer jou, gee jou innerlike krag, laat jou droom van die hemel, vat jou vorentoe. Dis jou eintlike rede vir lewe. 


Nou hoe kan ek begin om Hom te leer ken? Volg sy Seun. So eenvoudig soos dit! Gaan kyk net hoeveel keer het Jesus in die Nuwe Testament gesê: Volg My. 


Om Jesus te volg, beteken jy is so naby Hom dat sy woorde ook joune word. Sy lewe word jou lewe. Die stof wat sy voete opskop, val op joune. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jy Sê, God Sê

In JY SÊ, GOD SÊ gee Andries Enslin jou ’n helder antwoord en oplossing van God vir elke probleem – groot én klein – in jou lewe. In hierdie 5 dae fokus hy op Jesus, ons verlosser. Hy stel jou fokus in sodat jy duidelik...

More

Ons wil graag Andries Enslin en Carpe Diem Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://lewensentrum.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid