Leesplan inligting

Ek Ken Jou: Oordenkings Van "Time of Grace"Voorbeeld

I Know You: Devotions From Time of Grace

DAG 4 VAN 4

Ek weet van jou liefde en geloof



Almal soek erkenning. Erken dit maar. As ons iets goed doen of iemand help, verwag ons 'n "Welgedaan!" of "Jy is besonders!" Die meeste dade van geloof vind egter sonder 'n gehoor of min toeskouers plaas. Wie sien jou as jy ure by 'n serebraal verlamde persoon deurbring? Wie sien jou as jy jou buurvrou se sypaadjie vee of jou swaer met sy inkomstebelastingopgawe help? Wie sien jou as jy inkopies doen vir iemand wat bedlêend is? Wie sien jou as jy 'n kind help wat met skoolwerk sukkel? Wie sien jou as jy 'n uur lank met 'n vriend praat wat wil selfmoord pleeg?



God sien. Jy kan aanvaar dat Hy alles sien en elke keer goed voel wanneer jy iemand help. Vir die Christene in Tiatira het Hy die volgende gesê: "Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle liefde, geloof, diensvaardigheid en volharding en Ek weet dat julle nou ook meer doen as tevore." (Openbaring 2":19)



Nadat Jesus opgevaar het na die hemel, het Hy die Heilige Gees gestuur om ons krag te gee. Hy het vir ons 'n werk gegee. Ons moet die goeie nuus versprei en so leef dat ander deur ons optrede tot geloof sal kom. Moenie bekommerd wees as dit soms lyk of niemand sien wat jy vir ander doen of dit waardeer nie. Die Een vir wie jy lief is, is baie bly oor wat jy doen.
Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

I Know You: Devotions From Time of Grace

God het ons uniek geskape. Hy ken ons smarte, vreugdes, sterkpunte en swakhede.

Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie leesplan verskaf. Besoek http://www.timeofgrace.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid