Leesplan inligting

Ek Ken Jou: Oordenkings Van "Time of Grace"Voorbeeld

I Know You: Devotions From Time of Grace

DAG 2 VAN 4

Ek weet dat jy nie baie sterk is nie



"Ek weet waardeur jy gaan." Dis wat vriende sê wat simpatie aan jou wil betuig. Jy het lus om skerp te antwoord: "Jy het nie 'n idee waardeur ek gaan nie," maar jy sê liewers, "Baie dankie."



God hou tred met alles wat in ons lewens aangaan. Hy en sy engele juig oor ons oorwinnings en sug oor ons moeilikhede. Hulle tree op gedurende strategiese tye in ons lewens om ons op die regte pad te hou wat na die hemel lei. Hulle verbind ons wonde, help ons om weer op ons voete te kom en is die wind van agter, wat ons aan die gang hou.



God weet dat ons soms swak is. Dit is wat Hy vir die sukkelende Christene in Filadelfia gesê het: "Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het 'n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie" (Openbaring 3:8). Of dit nou geld, gesinsbande, gesondheid of besigheid is, God het deernis met ons menslike swakhede. Hy minag ons nie omdat ons nie "Superman" of "Superwoman" is nie. Hy laat trouens, die swaarkry in ons lewens toe as 'n manier om ons nader aan Hom te bring. Hy is hoofsaaklik in ons geloof in Jesus die Verlosser, geïnteresseerd. Het ons ophou glo in die beloftes van die evangelie? God het die Christene van Filadelfia ernstig aangemoedig om vas te hou aan wat hulle het, sodat niemand hulle kroon van heerlikheid kan wegvat nie. Hy belowe jou as jy alles oorkom, sal Hy jou 'n pilaar in die hemelse tempel maak.



Jy sterf dalk met skuld, maar as jy aan Jesus verbind is, sal jy 'n miljoenêr in die hemel wees.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

I Know You: Devotions From Time of Grace

God het ons uniek geskape. Hy ken ons smarte, vreugdes, sterkpunte en swakhede.

Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie leesplan verskaf. Besoek http://www.timeofgrace.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid