Leesplan inligting

Ek Ken Jou: Oordenkings Van "Time of Grace"Voorbeeld

I Know You: Devotions From Time of Grace

DAG 1 VAN 4

Ek weet waar jy woon



Ek het oor die jare al in party gevaarlike woonbuurtes gewoon en gewerk. My lewe was egter nooit so swaar soos dié van die Christene wat in Pergamum, in Wes-Asië, gewoon het nie. Satan het beheer gehad oor die stad en die massiewe heidense altaar wat ter ere van die Griekse god Zeus gebou is. Dit was een van Satan se bronne wat mense verwar en mislei het. (Die altaar is deesdae in 'n museum in Duitsland te sien.)



Die groeiende teenwoordigheid van Christene in Pergamum het meegebring dat Satan en sy demone, sowel as Zeus se afgodspriesters, 'n geweldige teenaanslag geloods het. God het egter van alles geweet. Hy het geweet waar elkeen van die gelowiges was en het al die gebeure daar beheer, selfs hulle lyding, om sodoende sy koninkryk van gelowiges uit te brei. "Ek weet goed waar jy woon, waar die troon van Satan is. Tog het jy lojaal aan My gebly en nie die vertroue in My afgesweer nie, veral gedurende die tyd toe Antipas, my betroubare getuie daar by julle waar Satan woon, doodgemaak is." (Openbaring 2:13)



Die Here weet ook waar jy woon. Hy sien die gevare waarin jy verkeer en is saam met jou hartseer oor jou verliese en seerkry. Hy stuur sy engele om jou en jou gesin te beskerm. Hy kyk ook hoe jy versoekings en spanning hanteer. Sy grootste begeerte is dat jy getrou aan Hom moet bly. Antipas se martelaarskap het nie sy hemelse beloning van hom weerhou nie, dit het hom juis gouer in heerlikheid gebring. Sy onverskrokke voorbeeld is deur baie ander gevolg en was 'n besieling wat bygedra het tot die vinnige groei van die Christelike kerk.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

I Know You: Devotions From Time of Grace

God het ons uniek geskape. Hy ken ons smarte, vreugdes, sterkpunte en swakhede.

Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie leesplan verskaf. Besoek http://www.timeofgrace.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid