Leesplan inligting

Oorkom Die Monster Van VerdrietVoorbeeld

Overcoming The Monster Of Grief

DAG 6 VAN 7

Laat Ander Help 



Ons moet leer om hulp te vra wanneer ons treur. Dit kan aanvanklik ongemaklik voel, maar hou aan om dit te doen, en jy sal 'n vlak van gemaklikheid ontwikkel daarmee. Daar is mense om jou wat wag om gevra te word, wat vreugde en vervulling vind om te dien. Maak gebruik van die hulpbronne in jou kerk, gemeenskapsprogramme, ondersteuningsgroepe en die Internet. Onthou, in al hierdie dinge, dat jy net menslik is! God weet dit! Hy is gevul met deernis vir jou. 



Saam met die skok en emosionele omwenteling van skielike verlies kom dikwels 'n soort verlamming waarin alledaagse take soos maaltyd voorbereiding, banksake, regspapierwerk, versekerings korrespondensie, rekening betaling, kruideniersware inkopies en huis skoonmaak byna onmoontlik is om uit te voer. Net die gedagte om enige soort besluit te neem, kan veroorsaak dat 'n bedroefde verstand afgeskakel word. Dit is waar vriende, familie en kollegas letterlik die dag kan red. Etes voorsien in weggooibare houers, troeteldier sorg, die wasgoed doen, dankie notas skryf, die gras sny — selfs die telefoon beantwoord — kan ver gaan om die laste van 'n lydende siel te verlig.



Jy kan nie alles vir alle mense wees nie. Onthou, jyself het regmatige behoeftes, en dit is verkeerd om te trots te wees om hulp te vra! Soek dus hulp van God deur gebed, bepeinsing oor sy Woord en gehoorsaamheid aan die leiding van sy Heilige Gees. As jou rou egter steeds 'n deurlopende probleem is, is dit geen skande om professionele hulp te kry nie.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming The Monster Of Grief

Verdriet is 'n werklikheid — en dit maak seer. Dit is nie iets wat jy kan ignoreer, begrawe onder die eise van die daaglikse lewe, of oornag weg wens nie. Jy moet daardeur werk. Wees verseker, jy kan jou verdriet oorkom....

More

Baie dankie aan The Word For You Today wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.wordforyou.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid