Leesplan inligting

Oorkom Die Monster Van VerdrietVoorbeeld

Overcoming The Monster Of Grief

DAG 5 VAN 7

Hoe om Vertroosting Te Ontvang Wanneer Jy Nie Daarna Voel Nie 



Selfs as jy nie voel dat jy ooit uit die laagtepunte van hartseer en verlies sal kom nie, kan die regte houding die weg vir hoop oopmaak en jou weer aan die beweeg kry. Deur ander en jouself te vergewe, en deur geloof in God te plaas, selfs wanneer jy nie verstaan nie, kan jy jou gesindheid aanpas om jou in jou droefheid te versterk.



Dit is belangrik dat ons erkenning gee aan ons gevoelens. Gevoelens is nóg reg nóg verkeerd. Om dit te hê, maak jou nie ongelowig nie en om dit nie te hê nie, maak jou nie gelowig nie. Niemand ervaar groter emosionele pyn as Jesus nie: “... ‘Ek voel doodsbenoud.’..." (Markus 14:34). Hy het gevoel asof Hy op die plek gaan sterf. Tog het Hy nie sy gevoelens verberg of ontken of Homself veroordeel omdat Hy dit gehad het nie. Ontkenning versterk net emosie. Erken jou gevoelens en kies God se wil, ongeag jou gevoelens, en Hy sal jou versterk om jou droefheid te hanteer.



Dit is ook noodsaaklik dat ons regdeur ons rouproses die Woord van God koester. God se Woord bring wysheid en vertroosting vir diegene wat spanning, angs, eensaamheid, woede, bitterheid, gevoelens van hopeloosheid, depressie en selfdood gedagtes moet hanteer. Sy teenwoordigheid, sy Woord en ons verbintenis deur gebed met Hom is van die primêre maniere waarmee Hy ons vertroos! 



Ons moet besef dat al God se seëninge gegee word as gevolg van genade en ontvang word deur geloof. Een Bybel leermeester skryf: “Ek het altyd probeer om iets te 'doen' maar God nie ingesluit nie. Ek het probeer om myself te verander, my familie, omstandighede waarvan ek nie gehou het nie, en selfs my bediening te laat groei. God sal ons egter nooit toelaat om sonder Hom suksesvol te wees nie. As Hy dit gedoen het, sou ons al die krediet geneem het. Uiteindelik het ek geleer om te bid vir wat ek nodig gehad het en God toe te laat om dit op sy manier te voorsien, volgens sy tydsberekening. Toe ek dit gedoen het, het ek in sy rus ingegaan.” Om so te leef, moet jy jou belangrikheid vir God besef en dan leer om op sy genade staat te maak. Die waarheid is, Hy is meer as bereid om jou te help as jy net jou onafhanklike houding sal laat vaar.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming The Monster Of Grief

Verdriet is 'n werklikheid — en dit maak seer. Dit is nie iets wat jy kan ignoreer, begrawe onder die eise van die daaglikse lewe, of oornag weg wens nie. Jy moet daardeur werk. Wees verseker, jy kan jou verdriet oorkom....

More

Baie dankie aan The Word For You Today wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.wordforyou.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid