Leesplan inligting

Oorkom Die Monster Van VerdrietVoorbeeld

Overcoming The Monster Of Grief

DAG 2 VAN 7

Hantering van Verlies 



Totdat Jesus gekom het, het die Satan die dreigement van die dood gebruik. Ons het almal in vrees daarvoor geleef. As gevolg van die opstanding, is egter al wat die Satan oor het, die leuens wat hy oor die dood kan vertel. Ons treur oor die verlies van 'n geliefde, en dit is 'n gesonde ding om te doen. Jy kan die hartseer egter makliker verwerk wanneer jy weet jy kan daardeur leef, en dat jy met jou geliefdes in die hemel herenig sal word. Selfs in die dood dus, wen ons, en die Satan verloor.



Jesus was bedroef oor sy vriend Lasarus! Trane verteenwoordig nie 'n gebrek aan geloof nie; dit beteken net dat jy menslik is. Die Een wat jou die vermoë gegee het om lief te hê, verstaan droefheid en verlies — daarom het Hy jou trane gegee. Of jou verlies veroorsaak word deur die dood, selfdood, die beëindiging van 'n verhouding, egskeiding of diep teleurstelling, God wil saam met jou treur en jou wonde genees.



Dit is noodsaaklik om jouself te vergewe, diegene te vergewe wat jou seergemaak het, en jou tyd te neem deur die rouproses. Om ten volle te herstel, sal tyd neem, so wees asseblief geduldig met jouself. Die kans is goed dat jy deur verskeie van die erkende stadiums van rou sal gaan, insluitend ontkenning, woede, bedinging en depressie. Dus, wat kan jy doen?



Leer om jou gedagtes te dissiplineer. Stel nuwe doelwitte vir jou lewe. Fokus daarop om iemand anders te help. God sal jou herstel, so hou aan om Hom te vertrou en nie moed te verloor nie. Erken die seer, praat met God daaroor en dra jou situasie aan Hom oor. 



God dwing nooit genesing op jou af nie, selfs wanneer jy seerkry. Jy moet wil gesond word en 'n bewuste besluit neem dat, deur God se genade, jy sal kan.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming The Monster Of Grief

Verdriet is 'n werklikheid — en dit maak seer. Dit is nie iets wat jy kan ignoreer, begrawe onder die eise van die daaglikse lewe, of oornag weg wens nie. Jy moet daardeur werk. Wees verseker, jy kan jou verdriet oorkom....

More

Baie dankie aan The Word For You Today wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.wordforyou.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid