Leesplan inligting

Versekering: deur Myself of God? Deur Robin MeadowsVoorbeeld

Affirmation: Self Or God? By Robin Meadows

DAG 6 VAN 6

SELFVERSEKERING:



“Ek glo in myself.”



Ek kan dalk vandag in myself glo, maar more dalk nie, want ek kan miskien nie lus wees nie of ek is moontlik in 'n slegte bui. Ek ontwikkel en verander voortdurend. Ek word nog wat ek moet wees. Wat ek vandag oor myself dink, kan dalk môre heel anders lyk en soms neem my gedagtes my na donker en ongesonde plekke. 



Geloof in homself is wat die voormalige môrester — die Satan — hom van God se teenwoordigheid na 'n plek van dood laat tuimel het.



“Jy wat die helder môrester was, het uit jou hemel geval. Jy wat 'n oorwinnaar van nasies was, is in die grond in verpletter. En dit jy, jy wat gedink het: ek klim op hemel toe, ek gaan my troon neersit bokant die hoogste sterre, ek gaan my plek inneem op die berg waar die gode mekaar ontmoet, ver in die noorde; ek klim op tot bokant die wolke, ek word soos die Allerhoogste self. Maar jy stort af in die doderyk, af tot in sy diepste deel.” ‭Jesaja 14:12-15.



Sy trots en fokus op homself het hom geskei van 'n verhouding met sy Skepper. Sy selfgesentreerdheid het so sterk geword, dat hy verby die punt van omdraai gegaan het. 



Ons almal glo in iets, en ons optrede en voorliefdes volg wat ons glo. Wat is die basis van jou geloof? Aanbid jy die skepsel — jouself? Of is jou aanbidding gereserveer vir die Skepper wat jou geskape het en jou selfs meer liefhet as sy eie lewe? 



Selfversekering en selfvertroue, laat ons óf tekortskiet en teleurgesteld óf opgeblase van arrogansie en trots. God se versekering — om onsself deur ons Vader se oë te sien — gee ons die vervulling en sekuriteit dat ons geliefd is, meer as wat ons kan begryp, selfs wanneer ons wankel of misluk. 



Wanneer jou waarde slegs in Hom gewortel is, kan jy sonder vrees leef in die wete dat jy jou vertroue stel in iets wat nooit sal misluk nie — 'n rotsvaste, onveranderlike Persoon. Sy naam is Jesus, en Hy sal jou nooit verlaat nie. Hy is getrou selfs al is jy nie. Sy waarheid staan vas en sy liefde het geen grense nie. Hy is aan jou kant, Hy sien jou en Hy sorg vir jou



Wanneer jy jou lewe aan Hom oorgee en Hom toelaat om jou lief te hê as sy uitverkore seun of dogter, sal jy leef in al die vryheid en volheid wat Hy spesiaal aan jou bied. Jy is sy gunsteling. Glo dit. 



“... julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal” 1 Korintiërs 6:19-20. 



GOD SE VERSEKERING:



“Ek glo in die onveranderlike karakter van Jesus in my.”



Oorweeg om vandag se Skrifgedeeltes met ander Bybelweergawes te vergelyk.



Vind ander leesplanne deur Robin Meadows op YouVersion en maak hier met haar kontak. 


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Affirmation: Self Or God? By Robin Meadows

Selfbemagtiging en persoonlike ontwikkeling is vandag algemene konsepte in ons kultuur. Om bewus te wees van die self, om verantwoordelik te wees en om jou sterk punte en swakhede te ken is 'n pluspunt in die lewe. Kan h...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid