Leesplan inligting

Versekering: deur Myself of God? Deur Robin MeadowsVoorbeeld

Affirmation: Self Or God? By Robin Meadows

DAG 1 VAN 6

“Onderskeidingsvermoë is nie om te weet wat die verskil tussen reg en verkeerd is nie. Dit is om te weet wat die verskil tussen reg en amper reg is.” — C.H. Spurgeon



Baie boeke en webjoernale oor selfbemagtiging en persoonlike ontwikkeling, moedig daaglikse selfversekering aan om jou gedagtes te laat fokus sodat jy jou drome en doelwitte bereik. Kan die verskil tussen "reg en amper reg" jou terughou in plaas daarvan om jou in die krag en gesag van Jesus vorentoe te dryf? Kom ons bestudeer die Skrif en vind uit. 






SELFVERSEKERING: 



“In myself is ek genoeg en ek het al die krag wat ek nodig het om alles te bereik wat ek wil bereik.” 



Is jy regtig genoeg in jouself? Het jy al die krag wat jy nodig het om jou doelwitte en drome te bereik?



Ek het altyd gedink ek is genoeg, tot op 'n punt. My gedagtes het my egter dikwels verraai. 



Jy sien, ek is 'n baie vasberade mens, met 'n sterk wil van my eie. Tog, ongeag hoe hard ek al probeer het, het ek telkemale misluk om my doelwitte te bereik, of wat ek gedink het ek in my lewe wou bereik. Ek was toe eintlik nie selfgenoegsaam nie, dit maak nie saak hoe hard ek probeer het om die teendeel te glo nie. Met alles wat ek gevoel het ek moet doen en wees, het die oorweldigende omstandighede van my dag of week my krag, my "genoeg-wees", vinnig leeg getap. My eie hulpbronne het opgedroog. My sterk vasberadenheid was nie genoeg nie en al wat ek oorgehad het was die teleurstelling oor my mislukkings. 



Kon dit wees dat ek net nie vas genoeg geglo het dat ek in myself genoeg is nie? 



Nee. Ek dink nie so nie. Ek het besef dat ek net moeg is om teleurgesteld in myself te voel. Ten einde raad, het ek besef dat ek my nie-genoeg-wees-nie moet inruil vir iets groter as ekself. Iemand groter as my eie vermoëns en krag. 'n Bron sterker as my beste pogings.



Ek hoef nie meer in myself genoeg te wees nie. Wat 'n groot verligting! 



Ek en jy was nooit bedoel om selfgenoegsaam te wees nie, of uit ons eie vermoëns te leef nie. Ons is geskep om in 'n onbeperkte Bron van mag en krag geanker te wees sodat die Een wat oorgenoeg is meer as genoeg binne ons sal wees. Sy naam is Jesus. 



Die keuse is joune. Gaan jy aanhoudend in jou eie krag streef om selfgenoegsaam te wees en dan te faal, of gaan jy die krag van Christus in jou aangryp?  Christus roep jou om veel meer te vermag as wat jy ooit op jou eie kan doen. 



"God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie. Hy verdien daarom al die eer wat die kerk het om te gee, veral as ons dink aan wat Christus Jesus vir ons gedoen het. Almal moet Hom so eer, nou, môre en tot in ewigheid. Mag dit so wees" Efesiërs ‭3:20‬-21 (DB).



GOD SE VERSEKERING:



"Ek is in myself genoeg net omdat Jesus oorgenoeg in my is.”






Oorweeg om vandag se Skrifgedeelte met ander Bybelweergawes te vergelyk.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Affirmation: Self Or God? By Robin Meadows

Selfbemagtiging en persoonlike ontwikkeling is vandag algemene konsepte in ons kultuur. Om bewus te wees van die self, om verantwoordelik te wees en om jou sterk punte en swakhede te ken is 'n pluspunt in die lewe. Kan h...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid