Leesplan inligting

Versekering: deur Myself of God? Deur Robin MeadowsVoorbeeld

Affirmation: Self Or God? By Robin Meadows

DAG 2 VAN 6

SELFVERSEKERING:


“Ek is waardig.”


Is jy? Is ek? Wat maak iemand waardig? Wie bepaal of ons waardig is? Teen watter waarde word ons vergelyk? 


Waardigheid dui op waarde. Die HAT definieer waarde as: die gehalte van iets gemeet aan sy eienskappe of hoe hoog dit geag word.


Waar vind jy dus jou waarde? Vind jy jou waarde in jou werk? In jou verhoudings? Vind jy jou waarde in wat ander mense van jou dink of selfs wat jy van jouself dink?  


Wat gebeur met jou waarde of verdienstelikheid as jy jou werk verloor of ‘n verhouding beëindig word? Wat gebeur as jy nie jouself liefhet nie? In hierdie donker plek verteer skuldgevoelens en skaamte jou waarde, jy verval in wanhoop. Wanneer jy jouself nie liefhet nie, is geen positiewe bevestiging genoeg om jou weer op te tel nie, dit maak nie saak hoeveel keer jy dit herhaal nie.  


Jy het ‘n egte en seker manier nodig om te weet wat jou waarde en verdienstelikheid is. 


Die Skrif sê nooit dat ons waarde in enigiets of enigiemand anders as in ons Skepper lê nie – die Een wat ons innig liefhet en wat al aan ons gedink het nog voordat ons gebore is. Die God wat jou gekies het, het jou op hierdie spesifieke tyd en plek in die geskiedenis geplaas om ‘n klein faset van sy liefde en heerlikheid te wys wat niemand anders kan nie! Jy is so uniek en spesiaal!  


Die waarde van ‘n produk word nie bepaal deur die koste om dit te maak nie, maar eerder deur hoeveel iemand bereid is om daarvoor te betaal.  


Jou God heg soveel waarde aan jou dat Hy as ‘n baba – ten volle mens — aarde toe gekom het. Hy het die normale lewe geleef en beleef, insluitend deurmekaar verhoudinge en versoekings, en Hy het dit gedoen sonder om te sondig. Daarna het Hy die hoogste prys betaal vir jou deur sy lewe op te offer, Hy dra jou gevolge — die ewige dood, want jy is waardevol vir Hom. Dit is hóé baie Hy jou liefhet!


Jy was destyds vir Hom die moeite werd en jy is steeds vandag vir Hom die moeite werd.


Dink so daaroor. In die koninkryk van God is ons eenvoudig plekhouers — nulle! In wiskunde het ‘n nul alleen geen waarde nie. ‘n Nul se waarde word bepaal deur die getal wat voor dit staan. Hier is die wonderlike nuus: as Die Een voor jou staan, is jy ‘n TIEN!! Jou waarde kom van God — uiters buitensporige waarde!


Wanneer my identiteit en waarde in die innige liefde van my Skepper gesetel is, en wanneer ek toelaat dat sy liefde definieer wie ek is, is ek vry om die ware ek te wees — die ek wat Hy my geskep het om te wees. Ongelooflik vry, ongelooflik waardevol!  


As jy nie hierdie soort liefde ken nie, soek daarna in die Skrif en begin met vandag se Skrifgedeelte. Skryf hierdie bevestiging van God op jou spieël of op ‘n papier. Hou ten alle tye hierdie waarheid in gedagte wanneer die vyand se leuens jou wil oorweldig. Vra God om aan jou te openbaar wie jy vir Hom is. Luister mooi en Hy sal jou vertel. Hy wag vir jou met ope arms.  


Hy het aan ons gedink in ons vernedering. Aan sy liefde is daar geen einde nie” Psalm‬ ‭136:23.


GOD SE VERSEKERING:


“Ek is waardevol. Ek het groot waarde vanweë die prys wat Jesus vir my betaal het.”


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Affirmation: Self Or God? By Robin Meadows

Selfbemagtiging en persoonlike ontwikkeling is vandag algemene konsepte in ons kultuur. Om bewus te wees van die self, om verantwoordelik te wees en om jou sterk punte en swakhede te ken is 'n pluspunt in die lewe. Kan h...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid