Leesplan inligting

Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!Voorbeeld

Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!

DAG 5 VAN 6

     "Die Doop van die Gelowige: 'n Openbare Verklaring van 'n Veranderde Lewe"

 


    Die doop van die gelowige, is 'n belangrike manier om jou verlossing   openlik te verklaar. Die doop vier die einde van 'n ou manier van lewe en die begin van 'n nuwe een. Jesus het die belangrikheid van die doop aan Sy dissipels verduidelik, net voor Hy opgevaar het na die hemel, net na Sy opstanding.

 


    Hy het gesê: "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees." Matteus 28:19

 


    Regdeur die Nuwe Testament is daar talle stories oor gelowiges wat gedoop   word. Die doop is 'n betekenisvolle simboliek vir beide die dopeling en dié   wat dit aanskou. Die doop wys openlik die einde van jou vorige leefwyse, deur onder die water in te gaan en dan die begin van jou nuwe lewe in Christus deur uit die water uit te kom, skoon gewas en 'n nuwe skepsel in God.

 


    Lukas 3:3 hou die doop voor as 'n "doop van bekering" en beklemtoon die belangrikheid van 'n openbare verklaring dat ons weggedraai het van ons ou lewe en sonde. Die doop red ons nie en bedek ook nie ons sonde nie, maar dit verteenwoordig 'n kritiese deel van ons Christelike lewe - 'n verklaring dat jy 'n nuwe skepsel is en 'n nuwe lewe het! As daar ooit iemand was wat nie hierdie verklaring moes doen nie, was dit Jesus, wat 'n sondelose lewe op aarde gelewe het.

 


    Maar Lukas 3:21 sê: "Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop."

 


    Jesus is gedoop sodat ons Sy voorbeeld kan volg. Die belangrikheid van die doop kan nie oordryf word nie. As jy nog nie gedoop is nie, behoort jy dit 'n prioriteit te maak. Die Bybel beveel ons om 'n openbare verklaring van ons redding te maak. Die meeste Bybelgebaseerde kerke bied baie geleenthede om gedoop te word. Om Jesus se voorbeeld te volg is altyd 'n goeie idee. God sal jou ryklik seën en jou beloon vir jou getrouheid en gehoorsaamheid aan Hom!

    

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!

Meeste besluite in die lewe maak saak. Daar is egter net een wat die meeste saak maak. Begin hier as jy op soek is na 'n eenvoudige gids om hierdie merkwaardige besluit - God se gratis geskenk van redding - beter te vers...

More

Ons wil graag Twenty20 Faith, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid