Leesplan inligting

Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!Voorbeeld

Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!

DAG 4 VAN 6

     "Redding: God se Aandeel en Jou Aandeel"

 


    Jou redding bring twee belangrike besluite bymekaar uit. Die eerste besluit is die een wat God lank gelede gedoen het, toe Hy Sy Seun aarde toe gestuur het om ons enigste Redder te wees. Die tweede besluit is wanneer jy Sy Seun as JOU Redder aanvaar.

 


    "Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God." Efesiërs 2:8-9

 


    GENADE word verduidelik as onverdiende guns. Genade is God se aandeel in ons redding, en Hy gee Sy guns aan die mensdom in die vorm van die perfekte   geskenk, Jesus Christus. Deur middel van die kruis het Jesus die volle prys betaal vir ons sondestraf. En deur Jesus, die verpersoonliking van die genade van God, hoef ons geen goeie werke te doen om daarvoor te betaal nie. Ons kan nie ons redding verdien nie; dit is 'n gratis geskenk wat tot almal se beskikking is, wat geen betaling van ons kant af vereis nie.

 


    GELOOF word verduidelik as die bewys dat iets bestaan, al kan ons dit nie sien of daaraan raak nie. Geloof is nodig vir ons aandeel in ons redding, en deur geloof, as 'n wilsbeslut, kies ons om ons lewens aan God oor te gee, deur Jesus die Here van ons lewe te maak. As jy God se genade deur geloof in Jesus Christus ontvang het, is jy ongetwyfeld bestem vir 'n ewigheid saam met God in die hemel. Jy kan 100% seker wees van daardie feit!

 


    Goeie werke kan nie ons redding koop nie, maar dit speel 'n belangrike rol in ons Christelike lewe nadat ons besluit het om Jesus te aanvaar.

 


    "In Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het." Efesiërs 2:10

 


    God het 'n spesifieke doel vir elkeen van ons lewens, en die besonderhede is 'n saak tussen jou en Hom. God het egter ook 'n algemene doel vir al Sy kinders, en dit is om ons geloof in werking te stel deur goeie werke te doen.   As ons dit doen vervul ons 'n belangrike deel van God se plan vir ons lewens, en ons het die voorreg om Sy liefde aan ander uit te straal. Ons redding is beide 'n nuwe begin en 'n einde, en dis 'n goeie rede om fees te vier. Jy is 'n nuwe skepsel wat vir ewig verander is!

    

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!

Meeste besluite in die lewe maak saak. Daar is egter net een wat die meeste saak maak. Begin hier as jy op soek is na 'n eenvoudige gids om hierdie merkwaardige besluit - God se gratis geskenk van redding - beter te vers...

More

Ons wil graag Twenty20 Faith, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid