Leesplan inligting

KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy KellerVoorbeeld

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

DAG 7 VAN 9

"Nagmaal en Gemeenskap"



Onthou wat Jesus gesê het toe hy die beker opgeneem het:



"Toe neem Hy 'n beker en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle, en hulle het almal daaruit gedrink. Hy sê vir hulle: 'Dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie mense vergiet word. Dit verseker Ek julle: Ek sal nie weer wyn drink nie tot op daardie dag wanneer Ek die nuwe wyn in die koninkryk van God sal drink'" (Markus 14:23–25).



Jesus sê deur hierdie woorde dat daar nou deur sy plaasvervangende offer, 'n nuwe ooreenkoms tussen God en ons is. Die grondslag waarop hierdie verhouding rus, is Jesus se bloed: "my bloed van die verbond." Toe Hy aankondig dat Hy nie weer sal eet of drink totdat Hy ons in sy koninkryk ontmoet nie, belowe Jesus dat Hy onvoorwaardelik aan ons verbind is: "Ek sal jou tot in die Vader se arms bring. Ek sal jou na die fees van die Koning bring." Jesus vergelyk dikwels God se koninkryk met 'n groot feesmaal. In Matteus 8 sê Jesus: "Ek sê vir julle: Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel." Jesus belowe dat ons saam met Hom aan sy feestafel sal wees.



Met hierdie eenvoudige gebaar om die brood en wyn op te neem, en die woorde: "Dit is my liggaam ... dit is my bloed," sê Jesus dat al die vroeëre verlossings, offerandes en die lammers van die Pasga, alles na Homself verwys. Die eerste Pasga is die nag voor die Israeliete se uittog uit Egiptiese slawerny deur die bloed van lammers gevier. Hiérdie Pasga maaltyd is geëet die aand voor God die wêreld van sonde en dood deur Jesus se bloed verlos het.



Wat moet nog in jou hart en denke plaasvind voordat jy Jesus se offer opreg kan aanvaar?



Uittreksel uit "JESUS THE KING" deur Timothy Keller

Herdruk in samewerking met Riverhead Books, 'n lid van die Penguin Groep (VSA) LLC, 'n Penguin Random House Maatskappy. Kopiereg © 2011 deur Timothy Keller



En van "JESUS THE KING STUDY GUIDE" deur Timothy Keller en Spence Shelton, Kopiereg (c) 2015 deur Zondervan, 'n afdeling van HarperCollins Christelike Uitgewers.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

New York Times se blitsverkoper outeur en bekende pastoor, Timothy Keller, deel met ons 'n reeks episodes uit die lewe van Jesus, soos vertel in die Bybelboek Markus. Deur die verhale wat Paasfees voorafgegaan het, van n...

More

Boekuittreksels van Riverhead Books, 'n lid van Penguin Random House, Studiegids deur HarperCollins Christian Publishers. Besoek http://www.penguin.com/book/jesus-the-king-by-timothy-keller/9781594486661 of http://www.zondervan.com/jesus-the-king-study-guide vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid