Leesplan inligting

KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy KellerVoorbeeld

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

DAG 3 VAN 9

"Meer As Wat Jy Verwag Het"



Soms, as ek na Jesus toe gaan, laat Hy dinge gebeur wat ek nie verstaan nie. Hy doen nie dinge volgens my plan of op maniere wat vir my sin maak nie. As Jesus God is, moet Hy groot genoeg wees om redes te hê hoekom Hy jou deur dinge laat gaan wat jy nie verstaan nie. Sy krag is sonder grense, net soos sy wysheid en liefde. Die natuur mag onverskillig teenoor jou staan, maar Jesus het 'n ontembare liefde vir jou. Die dissipels sou nie bang gewees het as hulle werklik besef het dat Jesus hulle liefhet nie. Hulle het nie verstaan dat Hy magtig en liefdevol is nie. Hulle veronderstelling, dat as Jesus hulle regtig liefhet, Hy nie slegte dinge met hulle sou laat gebeur nie, was verkeerd. Hy kan iemand liefhê en nogtans toelaat dat slegte dinge met hulle gebeur, omdat Hy God is en omdat Hy beter weet as hulle.



As jy vir God kwaad is omdat Hy groot en kragtig genoeg is, maar nie jou lyding stop nie, het jy ook 'n God wat groot en kragtig genoeg is om 'n rede daarvoor te hê wat jy nie verstaan nie. Jy kan nie die brood aan beide kante gebotter hê nie. My juffrou, Elisabeth Elliot, het dit so mooi gestel: "God is God, en omdat hy God is, is Hy my aanbidding en diens waardig. Ek kan op geen ander plek rus vind as binne sy wil nie. Daardie wil is ewig, onmeetbaar en onuitspreeklik. Dit is ver bo my denke." As jy aan die storm se genade oorgelaat is, is daardie krag onbeheerbaar en dit is jou nie goedgesind nie. Jy is slegs veilig binne God se wil. Omdat hy God is en nie jy nie, is sy wil nodig. Dit is onmeetbaar en ver bo jou denke. Is Hy veilig? "Natuurlik is Hy nie veilig nie. Wie het van veiligheid gepraat? Maar Hy is goed. Hy is die Koning."



Hoe kan ons vrede in Christus vind in omstandighede wat ons angstig of wanhopig maak? Waar in jou lewe het jy Jesus se hulp nodig?



Uittreksel uit "JESUS THE KING" deur Timothy Keller

Herdruk in samewerking met Riverhead Books, 'n lid van die Penguin Groep (VSA) LLC, 'n Penguin Random House Maatskappy. Kopiereg © 2011 deur Timothy Keller



En van "JESUS THE KING STUDY GUIDE" deur Timothy Keller en Spence Shelton, Kopiereg (c) 2015 deur Zondervan, 'n afdeling van HarperCollins Christelike Uitgewers.



Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

New York Times se blitsverkoper outeur en bekende pastoor, Timothy Keller, deel met ons 'n reeks episodes uit die lewe van Jesus, soos vertel in die Bybelboek Markus. Deur die verhale wat Paasfees voorafgegaan het, van n...

More

Boekuittreksels van Riverhead Books, 'n lid van Penguin Random House, Studiegids deur HarperCollins Christian Publishers. Besoek http://www.penguin.com/book/jesus-the-king-by-timothy-keller/9781594486661 of http://www.zondervan.com/jesus-the-king-study-guide vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid