Leesplan inligting

KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy KellerVoorbeeld

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

DAG 1 VAN 9

"Geroep deur die Koning"



Die evangelie is nie raad nie, dit is die goeie nuus dat jy nie hoef te betaal om by God uit te kom nie; Jesus het dit alreeds vir jou gedoen. EN, dit is 'n geskenk wat jy deur genade ontvang het — deur God se onverdiende guns. As jy daardie geskenk aanvaar en dit altyd wil behou, sal jy nie deur fanatisme of matigheid van Jesus af weggelok word nie. Jy sal passievol daaroor wees om Jesus jou uiteindelike doel en prioriteit te maak, om jou lewe om Hom te laat wentel; nogtans sal jy nie aanneem dat iemand met 'n ander geloof en stel prioriteite as jy, minderwaardig is nie. Jy sal hulle eerder wil dien as onderdruk.



Hoekom? Omdat die evangelie nie daaroor gaan om raad te volg nie, maar omdat jy geroep is om 'n Koning te volg. Nie sommer net iemand met die mag en gesag om vir jou te sê wat gedoen moet word nie — maar Iemand met die mag en gesag om te doen wat gedoen moet word, en dit dan aan jou as goeie nuus te bied.



Waar sien jy daardie soort gesag? Tydens Jesus se doop was daar alreeds bonatuurlike tekens wat 'n aanduiding van sy Goddelike gesag was. Ons sien dat Simon, Andreas, Jakobus en Johannes vir Jesus sonder om te skroom, gevolg het — sy roeping het van gesag gespreek. Markus bou verder op hierdie tema:



"Hulle het in Kapernaum gekom. Toe die sabbatdag aanbreek, het Jesus reguit na die sinagoge toe gegaan en die mense daar begin leer. Hulle was verstom oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie" (Markus 1:21–22).



Markus gebruik die term gesag vir die eerste keer. Die woord beteken letterlik "vanuit die oorspronklike". Dit kom van dieselfde stamwoord as die woord outeur. Markus bedoel dat Jesus mense vanuit sy eie gesag geleer het eerder as iemand anders se gesag.



Hoe sal jou lewe lyk en voel as jy jou totaal en al oorgee aan hierdie volmaakte Koning? Jou professionele lewe? Liefdeslewe? Gesinslewe? Finansiële lewe? Sosiale lewe?



Uittreksels uit "JESUS THE KING" deur Timothy Keller.



Herdruk in samewerking met Riverhead Books, 'n lid van die Penguin Groep (VSA) LLC, 'n Penguin Random House Maatskappy. Kopiereg © 2011 deur Timothy Keller



En van "JESUS THE KING STUDY GUIDE" deur Timothy Keller en Spence Shelton, Kopiereg (c) 2015 deur Zondervan, 'n afdeling van HarperCollins Christelike Uitgewers.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

New York Times se blitsverkoper outeur en bekende pastoor, Timothy Keller, deel met ons 'n reeks episodes uit die lewe van Jesus, soos vertel in die Bybelboek Markus. Deur die verhale wat Paasfees voorafgegaan het, van n...

More

Boekuittreksels van Riverhead Books, 'n lid van Penguin Random House, Studiegids deur HarperCollins Christian Publishers. Besoek http://www.penguin.com/book/jesus-the-king-by-timothy-keller/9781594486661 of http://www.zondervan.com/jesus-the-king-study-guide vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid