Leesplan inligting

GewoontesVoorbeeld

Habits

DAG 6 VAN 6

Wen Stap-vir-Stap



Om gewoontes te vorm en te breek, is soos domino's: 'n klomp klein treetjies wat tot groot verandering lei. Pastoor Craig Groeschel stel dit so eenvoudig: "Klein dissiplines, wat voortdurend plaasvind, lei mettertyd tot groot resultate." Met ander woorde: klein oorwinnings maak saak.



Gewoontes is nie 'n wonderlike bestemming wat jy eendag bereik nie — dis klein treetjies wat jy elke dag neem. Sommige van die belangrikste klein oorwinnings wat jy kan ervaar, word dikwels sluitsteen gewoontes genoem. Die gouste om sluitsteen gewoontes te verstaan, is om te leer wat 'n sluitsteen is. 'n Sluitsteen is 'n argitektoniese benaming vir die wigvormige steen wat bo in die middel van 'n boog bakstene of stene geplaas word. Elke steen in die boog druk sy gewig na die sluitsteen en die driehoekige vorm van die sluitsteen veroorsaak dat die hele boog ondersteun word.



As jy die sluitsteen verwyder, sal die hele struktuur ineenstort. In biologie verwys 'n sluitsteen spesie na die een waarop die hele ekosisteem berus. Net so gee 'n sluitsteen gewoonte ook ondersteuning en momentum aan ander gewoontes in jou lewe.



Die meeste boeke oor gewoontes, sal melding maak van sluitsteen gewoontes, en dis nodig, maar wat hulle nie sê nie, is dat daar nog 'n ander steen is. Jesus het homself die hoeksteen genoem, wat ook 'n steen is wat dieselfde soort ondersteuning aan die hele gebou bied. Jy kan al jou sluitsteen gewoontes regkry en tog inmekaar tuimel, indien dit nie op 'n fondament gebou is waar Jesus die hoeksteen is nie.



Hier is 'n kort lys van sluitsteen gewoontes om te oorweeg. Watter kan jy in jou lewe inkorporeer? Het jy Jesus die hoeksteen gemaak?




  1. Staan vroeg genoeg op om elke dag met Jesus te begin.

  2. Slaap elke nag ten minste agt ure.

  3. Eet elke dag ten minste een ete saam met jou gesin of boesemvriende.

  4. Gaan elke week na 'n plaaslike kerk toe en wees deel deur te gee en te dien.

  5. Oefen ten minste drie keer 'n week vir ten minste 20 minute.

  6. Spreek elke dag waarhede oor jouself uit.



Om goeie, daaglikse gewoontes te vorm en slegte gewoontes te breek, is 'n daaglikse proses vir die res van jou lewe. Maak Jesus jou hoeksteen en gebruik hierdie nuttige middele:



Gesonde Identiteit


Vra vir hulp


Wees genadig teenoor jouself


Stel ondersoek in en bring veranderinge aan


Vertrou God se proses


Klein treetjies bring oorwinning



Kry die "Guide to Good Daily Habits".


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Habits

Verandering is nie maklik nie, maar dit is ook nie onmoontlik nie. Deur ‘n paar klein gewoontes aan te leer, kan jy die beeld wat jy vandag van jouself het, verander en kan jy groei tot die persoon wat jy môre wil wees. ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid