Leesplan inligting

GewoontesVoorbeeld

Habits

DAG 1 VAN 6

Gesonde Identiteit



Ons wil almal goeie daaglikse gewoontes kweek. In plaas daarvan doen ons dinge soos om laat te slaap, laat te werk, laat huis toe te gaan, op ons kinders te skree, om "nog net enetjie" te eet of te drink en ons e-posse in die bed te lees.



Hoe begin ons dus om slegte gewoontes af te leer en goeie gewoontes te kweek? Is daar nie net 'n eenvoudige "drie-stap-plan" wat my vry sal maak nie? Nie regtig nie. Daar is hoop en die Woord van God is vol daarvan.



Pastoor Craig Groeschel van Life.Church het gesê dat een van die grootste redes waarom mense nie goeie gewoontes hou en slegte gewoontes afleer nie, is omdat ons verdraaide identiteite ons sukses saboteer. Kom ons gaan soek na 'n beter manier om gewoontes te kweek en af te leer. 'n gesonde identiteit is die eerste vereiste.



Dikwels, as ons gereed is om iets nuuts te begin of 'n slegte gewoonte af te leer, maak ons 'n plan op grond van wat ons doen. In plaas daarvan moet ons begin met doelwitte wat gebaseer is op Wie ons God is en wie ons wil wees. Deur te sê: "Ek gaan 'n maraton hardloop", is gebaseer op wat jy wil doen. Deur te sê: "Ek is wonderbaarlik geskep en deur die krag van God, wil ek 'n drawwer word," is gebaseer op wie God is en wie jy wil word. Dit is 'n identiteitsgebaseerde doelwit. Ons moet wie voor doen plaas.



Identiteitsdoelwitte is een komponent van die proses om 'n gesonde identiteit te ontdek. Die volgende bietjie vryheid kom wanneer jy in die verlede se seer delf: onwaarhede wat jy geglo het, onvergewensgesindheid, foute en lewenssituasies wat kon meebring dat jy glo in 'n weergawe van jouself wat dalk nie is wie God jou gemaak het nie. Soos jy die onwaarhede ontdek, sal jy hulle met God se waarheid uit sy Woord wil vervang. 'n Gesonde identiteit wat gebaseer is op wat God van jou sê, is die basis van die proses om slegte gewoontes af te leer en goeies te kweek.



Te veel van ons het byvoorbeeld 'n onwaarheid soos "ek sal altyd so wees", geglo. Dit is 'n identiteitsgebaseerde vrees wat 'n identiteitsgebaseerde waarheid nodig het, soos: "Die Gees van God het my nie lafhartig gemaak nie. Hy het my krag, liefde en selfbeheersing gegee!" Wat is sommige van jou identiteitsgebaseerde onwaarhede wat jy met God se waarheid kan vervang?



Bid: Vader, watter gewoontes moet ek afleer? Wat is sommige dieper dele van my identiteit wat tot hierdie gewoontes kan lei? Heilige Gees, ek het u krag nodig om hierdie veranderinge te maak. Amen!



Kyk wat Pastoor Craig ons oor gewoontes leer.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Habits

Verandering is nie maklik nie, maar dit is ook nie onmoontlik nie. Deur ‘n paar klein gewoontes aan te leer, kan jy die beeld wat jy vandag van jouself het, verander en kan jy groei tot die persoon wat jy môre wil wees. ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid