Leesplan inligting

Reis LigVoorbeeld

Travel Light

DAG 6 VAN 7

Raak Ontslae van Bekommernis en Spyt



Haai daar. Moenie bekommerd wees nie. Wat die probleem ook al is, moet jou nie daaroor bekommer nie. 



Jy praat maklik, dink jy.



Dis eintlik nie so maklik nie. Ek worstel elke dag met angs en obsessiewe kompulsiewe gedrag. Selfs op my beste dae is ek daarvan bewus. Die goeie nuus is egter dat dit nie die einde van die verhaal is nie. 



God het ons nie geskape om in vrees te leef nie. Ek sê nie dat daar nie vreesaanjaende goed in die lewe is nie. Ek sê nie dat ek nooit oor gebroke verhoudings, finansiële gebrek, verlore geleenthede of baie ander goed bekommerd is nie. Ek sê dat vrees, as ons dit toelaat, 'n aanhoudende bekommernis kan word, wat tot besluite lei waaroor ons later spyt is.



Ek het ontdek dat ek sonder spyt kan lewe as ek bekommernis laat vaar. 



Dís die sleutel: God het ons nie gemaak om bekommernis en spyt saam met ons te dra nie, maar Hy het ons liefdevol toestemming gegee om Hom te vra: "Sal U dit vir my dra?" Sy antwoord is altyd: "Met plesier. Ek het gewag dat jy vra." Dan gee ons dit oor aan Hom, male sonder tal. 



Ons moet ook erken dat ons wel foute sal maak. Slegte dinge sal met ons gebeur. God se liefde is egter groter as vrees. 



1. God sit nie en wonder hoe Hy jou lewe kan ruïneer nie. Die teenoorgestelde is waar, omdat Hy jou liefhet. 



2. Wanneer slegte dinge gebeur, gebruik God die situasie om jou beter te maak as wat jy voorheen was, omdat Hy lief is vir jou.



Wanneer jy 'n gevoel het dat iets verskrikliks gaan gebeur, of as dit alreeds aan die gebeur is, en jy onmiddellik begin bekommerd raak, moenie. Jy moet eerder die dinge doen wat God jou gegee het, soos gebed en Bybellees en openhartige gesprekke voer met mense wat jy kan vertrou.  



Probeer dit doen: Bid hardop. Vertel vir God presies waaroor jy bekommerd of spyt is. Sê vir God dat jy Hom daarmee vertrou. Herinner jouself aan die waarhede oor wie God is en wie Hy jou gemaak het om te wees. 



Tommy: angs bepaal nie wie ek is nie. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Travel Light

In 'n besige Kersfeestyd ondervind die meeste van ons die spanning en angstigheid van gesinsverhoudings, finansiële druk, vinnige besluite en verwagtinge wat nie vervul word nie. Kom nou. Haal diep asem. Begin met hierdi...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid