Leesplan inligting

Reis LigVoorbeeld

Travel Light

DAG 2 VAN 7

Moenie Aanstoot Neem Nie


Dalk is jy 'n karakter in hierdie verhaal: Ons pak die kar, maak reg vir die Kersfeesreis om familie te besoek. Ek is totaal en al uitgeput en tree kwaai op teenoor my man en kinders — en dan knak ek. My man vra: "Wat is fout?" Ek het dinge te ver gevoer.


Soos wat die kilometers verbygaan, vra ek myself die afgesaagde vraag: "Hoekom is ek so gespanne in hierdie vreugdevolle tyd van die jaar?" Jy ken seker hierdie logika. Dis tyd vir baba Jesus, familie, vriende, lekker eetgoed, geskenke, braai en waatlemoen eet. Dis 'n wegbreek van die normale roetine. So wat gaan aan met my?


Daar en dan het ek besluit om God te vra om vir my te wys wat aan die gang was. Negatiewe aanmerkings en kritiek van 'n familielid, lank gelede, kom in my gedagtes op. 


Is dit die rede vir my spanning? Die reis het my tyd gegee om te besef dat ek die aanmerkings geglo het en dat ek toegelaat het dat dit my eie onsekerheid bevestig. Ek was vies vir myself dat ek nie standpunt ingeneem het nie, en dat ek die las so lank al dra. Ek was ook vies dat ek toegelaat het dat dit my gesin beïnvloed. Hierdie gewaarwordings het egter nie baie gehelp om die druk te verlig nie. 


Einde ten laaste het ek besluit om vir die persoon wat my seergemaak het, te begin bid. "Dit mag hulle dalk nie verander nie, maar dit sal my definitief verander", het ek by myself gedink. Ek het besluit om te begin om hulle aan te moedig, want dalk was hulle kommentaar die resultaat van my eie onsekerhede en seer wat ek gevoel het. Dis 'n beter opsie. Dis God se manier. 


Ek het ook besluit om te vergewe. Jesus het dit vir ons gesê en gewys hoe. Hy het my vergewe. Hy het gesê dat ons mekaar sewentig maal sewe keer op 'n dag moet vergewe. Met ander woorde, ons moet mekaar so dikwels as wat nodig is vergewe. 


Ons gesinskar is hierdie jaar ligter, want ek dra nie meer die las van pyn en vrees nie. In plaas daarvan het ek God se vrede, teenwoordigheid en lig ingepak.


Watter verhouding in jou lewe veroorsaak druk? Hoe sal jy Jesus toelaat om die druk te verlig?


Christi reis hierdie Kersfees met min bagasie


Oordink: Vir wie sal jy meer gereeld begin bid? Hoe kan jy daardie persoon vergewe?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Travel Light

In 'n besige Kersfeestyd ondervind die meeste van ons die spanning en angstigheid van gesinsverhoudings, finansiële druk, vinnige besluite en verwagtinge wat nie vervul word nie. Kom nou. Haal diep asem. Begin met hierdi...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid