Leesplan inligting

Reis LigVoorbeeld

Travel Light

DAG 3 VAN 7

Raak Ontslae van Skande



Ek kan dit nog so duidelik onthou. Ek het iemand vir wie ek baie respek gehad het, gevra om vir my te bid. Toe sy vra waarvoor sy moet bid, was al wat ek kon sê dat ek gevoel het daar was iets verkeerd met my. Diep binne-in my. Ek, 'n volwasse persoon, het nie die regte woorde gehad nie. 



Dit was skande. 



Laat ek dit duidelik stel; dit was nie 'n skuldgevoel nie. As jy skuldig voel, besef jy dat jy 'n fout gemaak het. Skande is wanneer jy voel dat jy die fout is. Daar is 'n groot verskil.



Skande oortuig ons dat die ware self moet wegkruip, omdat niemand die ware self wil sien nie. Ons is benoud by die gedagte dat die ware self presies die een is vir wie God sien. As gevolg van dinge wat lank gelede van my gesê en aan my gedoen is was dit presies wat ek ondervind het. Daardie woorde en dade het by my bly vassteek en het 'n gekraakte lens geword waardeur ek myself gesien het.



Die waarheid is: God sien wel ons ware self, elke stukkie van ons, en nogtans verwelkom Hy ons met ope arms en met liefde. Wanneer Hy na dié van ons kyk wat Christus se volgelinge is, sien Hy vlekkelose dogters en seuns, want Jesus het gesterf om ons skande op Hom te neem. Ons kan die skande laat vaar en die waarde wat Hy aan ons heg, koester.



Dit klink alles goed en wel, en dit is, maar ek het die volgende geleer: om ontslae te raak van skande, is nie 'n eenmalige daad nie. Skande is soos lae wat ek aftrek vir elke leuen wat ek herken en verwerp het. Dan raak ek vir altyd ontslae van die skande en ontdek spesifieke waarhede uit die Woord van God waarmee ek die leuen kan vervang. 



Dis nie 'n vinnige, maklike of eenvoudige proses nie, maar dit is die lig. God glo nie die onwaarhede wat jy oor jouself glo nie, maar Hy sal dit van jou af wegvat, as jy Hom toelaat.  



Amanda, wat die skande weggooi



Doen: Identifiseer leuens wat jy geglo het en begin eerder om God se waarhede te verklaar en daarvolgens te leef.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Travel Light

In 'n besige Kersfeestyd ondervind die meeste van ons die spanning en angstigheid van gesinsverhoudings, finansiële druk, vinnige besluite en verwagtinge wat nie vervul word nie. Kom nou. Haal diep asem. Begin met hierdi...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid